Dae in koue vir toelae
Dae in koue vir toelae

Dae in koue vir toelae

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Honderde vroue wat desperaat is om hul kinders vir ’n maatskaplike toelaag van N$250 per maand te registreer, het vandeesweek by die kantore van die Samora Machel-kiesafdeling in Windhoek gekampeer.
“Ons los ons kinders by die huis en kom alleen met ’n kombers,” sê me. Priskila Mukosa Matine van die Goreangab-­woonbuurt.
Sy het verlede jaar ook probeer om haar kinders vir ’n toelaag vir wees- en weerlose kinders (OVC) te registreer. Toe was die antwoord “die kinders het mos ’n pa”.
Maar sy sukkel om kop bo water te hou en haar drie kinders van onder­skeidelik 13, 8 en 3 jaar oud te onderhou. Die oudste twee is onderskeidelik in graad 7 in die Primêre Skool Olaf Palme en graad 2 in die Primêre Skool Martti Ahtisaari, terwyl die jongste in ’n kleuterskool is. Die fooie vir die kleuterskool is N$250 per maand en dit sluit geen etes deur die dag in nie.
“Hulle gaan met hulle eie kos, ek gee vir hulle brood en Oros om saam te vat.”
Die kinders se pa help geldelik “’n bietjie”.
Sy moet vir die kinders kos, klere en skryfbenodigdhede vir skool koop, sê Priskila.
“As ’n skooltas breek, het hulle nie vir môre ’n sak nie. Kos is baie belangrik vir die kinders vir skool, anders kan hulle nie in die klas luister nie.”
Volgens Priskila moet sy huidig met N$750 ’n maand uitkom en slaap sy sedert Sondag saam met nog ’n klomp vroue by die kantoor van die Samora Machel-kiesafdeling.
Sy het egter nou haar “plek” verloor omdat sy eers weer moes huis toe gaan.
“Ons moes ons name in ’n boek skryf. Ek het in ’n stadium huis toe gegaan om vir die kinders te gaan pap maak. Toe ek terugkom, het hulle klaar my naam gelees, nou moet ek weer van vooraf wag.”
Volgens Priskila word net 60 mense per dag geregistreer. Beamptes van die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn wat die registrasies doen, het egter Maandag laat op­gedaag.
“Hulle het baie laat eers begin en nie al die 60 aansoeke is toe verwerk nie.”
Me. Eunice //Gowases is ’n enkelma van ’n sewejarige. Met die toelaag van N$250 sal sy skoolskoene koop en “iets” in haar kind se kosblik kan sit om saam te vat skool toe. Haar kind se pa dra “sommige vakansies” geldelik by wanneer hul kind by hom kuier. Andersins sorg sy alleen, sê Eunice.
Sy sal haar kind in ’n ander skool kan sit met die N$250, sê Frogy Nangora. Frogy is ’n enkelma van ’n 11-jarige dogter wat sy graag by ’n ander skool wil inskryf.
“Sy pas nie waar sy nou is nie, ek kan die geld gebruik om die N$350 per maand vir ’n taxi te betaal.”
Frogy se naam is nr. 310 op die lys. “Ek was van Maandag net gister (Woensdag) nie hier nie. Nou wil hulle my nie meer help nie.”
Vir die registrasie het ouers ’n uitgebreide geboortesertifikaat van die kind, ’n polisieverklaring dat die ouer of voog werkloos is, ’n Namibiese identiteitsdokument en ’n bankstaat of Nampost-kaart nodig waarin die geld gedeponeer kan word.
Intussen sê me. Celeste Feris, hoof maatskaplike werker, die registrasies sal in al die kiesafdelings gedoen word.
Feris het beklemtoon aansoek moet gedoen word in die streek waar die kinders bly, met kinders wat van ’n ouer vergesel moet wees.
“Ons fokus is op werkloosheid, ons wil iets gee dat ’n ma ten minste iets vir haar kind kan koop.”
Met verwysing na huishoudings waar kinders aan die hoof staan, het Feris gesê die ministerie sal iemand kry om die toelaes vir die kinders te bestuur.
“Daar is dié wat kwalifiseer vir ’n aansoek vir ’n pleegsorg-toelaag, iets wat totaal anders as die OVC-toelaag is.”
Sou die kinders verkies om te bly waar hulle is, “en hul huishoudelike omstandighede is goed en hulle kan vir hulself sorg”, sê Feris kan die kinders in die betrokke huishoudings aanbly.
“Ons verkies egter dat hulle eerder in pleegsorg geplaas en versorg word.”

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%