Daar's geen beter antidepressant as CNN nie
Ek weet daar's mense wat regtig chemiese wanbalanse het en nie anders kan nie. As 'n wanbalans herstel moet word, moet dit herstel word – en 'n gereelde draffie om die blok, meditasie, die bidgroepie se gebede of 'n lekker sny koek gaan dit nie fix nie. As jou depressie chemiese of hormonale oorsake het, gaan jy 'n pilletjie of 'n ding nodig hê – dis nou maar so.
En dan is daar dié wat graag langlip rondloop omdat hulle eenvoudig spoiled brats is en dit nie besef nie. Die soort wat nie kan wag dat jy vra hoe dit gaan nie, want dan kan hulle begin moan. Die soort wat dink die aandag wat hulle melk uit hul suffering, is ware omgee. Die soort wat graag vertel hoe ongelukkig hul kinderjare was, omdat hulle die ge“tsk-tsk” met omgee, belangstelling en selfs liefde verwar. Die soort wat glo die wêreld is teen hulle as hulle dalk 'n bietjie harder moet werk, as hulle vir een dag sonder krag sit, as 'n nael breek, as die koffie op is, as 'n snotstorm hulle tref of as hulle 'n kilogram optel.
Soos ek. Ek is ook een van daais. Ek word so maklik deur allerhande eerstewêreld-probleempies ingesluk dat ek myself soms met jammerkry vergiftig.
En dan kyk ek bietjie CNN. Dis nie vyf minute nie of ons kyk in Sirië vas. Al weer. Tot vervelens toe. Gesigte van honger kindertjies en mense wat bloei en rondhol en natgespuit word ná die jongste gasaanval en skree en hoes en huil. Dis skokkend, maar kom ons wees eerlik - ons voel nie altyd meer iets wanneer ons hierna kyk nie. Ons sluk ons aandete af met 'n lekker glas wyn en voel dalk vir een sekonde 'n klein ou ietsie en vreet voort. Ja, dis verskriklik,maar ons is moeg en ons moet môreoggend vroeg opstaan en Spruit het nog nie huiswerk gedoen nie en ek moet nog wasgoed was en die honde kosgee en en en . . .
Dan gebeur iets. 'n Verslaggewer staan en gesels met 'n klomp klein seuntjies wat in 'n ry staan en wag vir kos by een van daai vlugtelingkampe. Dis min dat hulle met die kinders self gesels. Hy vra 'n klein seuntjie hoe gereeld hy eet. Een keer 'n dag, se die seuntjie. Wat eet jy, vra die verslaggewer. Gort, sê die seuntjie. Dan beweeg hy aan na 'n ander seuntjie. Wanneer laas het jy geëet, wil die verslaggewer weet. Drie dae gelede, sê hy. Is jy honger, vra die verslaggewer. Ja, knik die seuntjie skaam sy kop. En wat wil jy graag eet, wil die verslaggewer weet. Brood, sê die seuntjie.
Brood. Brood. Brood.
En skielik het ek 'n lied in my hart.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie