‘Daar was foute, maar ons was nie so sleg’ – Mugabe
Oudpres. Robert Mugabe van Zimbabwe het vir die eerste keer sedert hy in November verlede jaar uit die kussings gelig is, 'n onderhoud aan internasionale media toegestaan.
Robert Mugabe, voormalige president van Zimbabwe, sê hy het nié sy land geruïneer nie en “ons was nie so sleg” wat betref menseregte nie.
Mugabe, wat geheers het tydens jare van ekonomiese ineenstorting en politieke onrus in ’n eens vooruitstrewende Zimbabwe, het die afgelope week aan Brittanje se ITV News gesê: “Vergeleke met ander lande in Afrika is daar groter voorspoed in Zimbabwe. Mense het hul grond. Hulle sal nie van honger sterf soos wat in ander lande gebeur nie.”
Dit was die 94-jarige oudleier se eerste kommentaar aan die internasionale media sedert hy in November oortuig is om as president te bedank.
Mugabe het in die onderhoud erken dat “foute” in sy tyd as leier van die land gemaak is, ook wat betref die beskerming van menseregte.
“Dit is ’n baie moeilike gebied. Ek stem saam dat ons oortree het ten opsigte van ons hantering van die opposisie, die geweld.”
Maar hy meen steeds “ons was nie sleg nie vergeleke met wat in ander lande gebeur”.
Mugabe is verlede jaar deur sy destydse adjunk, Emmerson Mnangagwa, vervang.
Dié het belowe om later vanjaar ’n vrye en regverdige verkiesing te hou.
Hieroor het Mugabe in die onderhoud gesê so ’n belofte is ’n goeie begin, maar het bygevoeg ’n belofte is nie noodwendig die realiteit nie.
“Dit is net ’n belofte. Dit is goed as hy dit belowe en ek is bereid om saam met Mnangagwa te werk om die belofte ’n realiteit te maak,” het Mugabe gesê.
Ondertussen het Grace Mugabe, oudpresidentsvrou van Zimbabwe, sê dit is sy wat haar man omgepraat het om verlede jaar te bedank tydens die bloedlose militêre oorname in dié land.
Sy het die afgelope week ’n verrassende nuuskonferensie in die egpaar se huis in Harare gehou.
“Baba (pappa) wou nie sy hand op papier sit nie, maar dit was ek wat hom omgepraat het om ter wille van vrede te bedank want Baba wou nie,” het Grace aan die dagblad NewsDay, wat in private besit is, gesê.
Mugabe het bevestig dat sy vrou ’n rol gespeel om hom oor te haal om te bedank.
“Onder die omstandighede wou ek nie bedank nie omdat ek gevoel het dit is nie behoorlik gedoen nie en ek volgehou het dat dinge ongrondwetlik gedoen is,” het die 94-jarige gesê.
Mugabe het gesê hy was bereid ’n staat van beskuldiging te trotseer, maar sy vrou het hom omgepraat dat só ’n proses “lank sou neem en dat die land intussen in anargie en bloedvergieting kon verval”.
Mugabe het aan verslaggewers gesê dat die magsoorname in November “ ’n staatsgreep” was, woorde wat pres. Emmerson Mnangagwa tot elke prys vermy.
Mnangagwa se kantoor het Vrydag gesê hoewel Mugabe vry is om te sê wat hy wil, het Zimbabwe “aanbeweeg”. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie