Daar is altyd hoop
Daar is altyd hoop

Daar is altyd hoop

Die Kankervereniging van Namibië (CAN) het sy Pienk-veldtog ter ondersteuning van vrouegesondheid amptelik van stapel gestuur.

Vanjaar val die fokus op hoop en dat hoop vrees oorwin. Ter onder­steuning hiervan is ­kleurvolle nekdoeke (buffs) teen N$100 elk by CAN se kantoor in Windhoek en op Swakopmund beskikbaar. Die opbrengs hiervan sal ten bate van gemeenskapsklinieke aangewend word waar vroue vir bors- en servikale kanker getoets word. Vir meer inligting, kontak Renay en MJ in Windhoek by (061) 237 740, of stuur 'n e-pos na [email protected]. Beverly en Celeste kan by CAN se kantoor op Swakopmund gekontak word by (064) 461271, of stuur 'n e-pos na [email protected].

Kommentaar

Republikein 2025-12-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer