Cyril meer gewild as ANC
City Press het Sondag berig dat Supra Mahumapelo aan die voorpunt van “anti-Ramaphosa magte” in die party is.
Philda Essop
Pres. Cyril Ramaphosa is waarskynlik die ANC se grootste bate vir die Mei-verkiesing – die party het hom nodig.
Minstens twee politieke ontleders het Sondag só gereageer op berigte dat Ramaphosa gewilder as die ANC self is.
’n Interne ANC-peiling wys luidens ’n berig in Sunday Times 73% van die respondende keur Ramaphosa goed, terwyl net 60% met die ANC tevrede is.
Meer as 4 000 mense landwyd het aan die peiling deelgeneem. Die grootste steun vir die party lê in die ouderdomsgroep 35 tot 40 jaar, terwyl jong mense tussen 18 en 25 jaar die party vermy.
Die ANC het nie Sondag op navrae hieroor gereageer nie.
Theo Venter, politieke ontleder van die Noordwes-Universiteit, het by navraag gesê die ANC-president was sedert 1994 altyd gewilder as die party. “Dit was by (oudpres. Jacob) Zuma wat dié neiging omgedraai het. Wat ons sien by Ramaphosa, is dus die herstel van ’n ou tendens – dat ANC-leiers wyer steun geniet as die party self.
“Polities beteken dit dat Ramaphosa waarskynlik die ANC se grootste bate is. Terselfdertyd is hy waarskynlik die grootste bedreiging vir die DA en die EFF vanweë sy optrede, leierskap en profiel,” sê Venter.
‘NIE VERBAAS OOR GEWILDHEID’
Ralph Mathekga, politieke ontleder aan die Universiteit van Wes-Kaapland, is nie verbaas oor Ramaphosa se gewildheid nie. “Wanneer laas het ons iets anders as krisis-reaksies van die ANC gehoor? Ek het vroeër gevra waarom kan ons nie net ’n presidensiële stelsel hê nie? Waarom kan ons nie net ’n stelsel hê wat doen wat ons wil hê dit moet doen nie – om ’n leier te verkies wat meer aanspreeklik is?”
Hy glo ANC het Ramaphosa nodig vir die Mei-verkiesing. “Die party is aan skerwe maar Ramaphosa het steeds geloofwaardigheid as ’n leier. Dit beteken meer stemme vir die ANC. Dit wys egter ook dat Suid-Afrikaners bereid is dat die kous oor hul kop getrek word. Hulle is terdeë daarvan bewus dat in dié partypolitieke stelsel jy vir die party en nie vir die president stem nie,” sê Mathekga.
Ramaphosa sukkel egter glo om oudpremier Supra Mahumapelo van Noordwes in bedwang te bring. City Press het Sondag berig dat Mahumapelo aan die voorpunt van “anti-Ramaphosa magte” in die party is.
Hy het glo verlede week ’n ambassadeurspos en ’n senior pos in die parlement van die hand gewys en is glo vol vertroue ná die hofsaak wat hy twee weke gelede gewen het wat hom en sy span provinsiale leiers in hul pos herstel het.
Venter sê daar is geen twyfel dat Ramaphosa met baie groot interne probleme sit nie.
VERKIESINGSPAN AANWYS
City Press berig die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) wil hê die provinsiale uitvoerende komitee (PUK) en die ANC se provinsiale taakspan moet ontbind en ’n nuwe gesamentlike verkiesingspan aanwys. Obed Bapela, NUK-lid, en Mmamoloko Kubayi, minister van wetenskap en tegnologie, is glo onderskeidelik die sameroeper en koördineer, wat Mahumapelo op die agtervoet laat.
Volgens Venter het die ANC hom hiermee in sekere sin vasgeknoop in ’n “verlammende kompromis”.
“Dit beteken die party sit met twee faksies in provinsie wat mekaar moet aangluur en moet uithou tot ná die verkiesing,” reken hy. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie