Curro koop 50%-belang in universiteit in Botswana
Nellie Brand-Jonker - Die skolegroep Curro het ''n belang van 50% in die BA Isago-universiteit van Botswana gekoop.
Die maatskappy is by private onderrig betrokke en het aanvanklik in skole belê, maar onlangs ook in hoër onderwys begin uitbrei.
Curro het tans 110 skole waar meer as 42 000 leerlinge skoolgaan.
Die belang is deur sy volfiliaal The Embury Institute for Higher Education (wat voorheen bekend was as die Embury Institute for Teacher Education) verkry.
Embury is ''n geregistreerde en geakkrediteerde instituut vir hoër onderwys wat hoofsaaklik op die opleiding van onderwysers fokus.
Die BA Isago-universiteit is in Botswana gestig en is van vier kampusse bedrywig in Gaborone, Francistown, Serowe en Maun.
Dit het sowat 3 000 studente en beoog om sy akkommodasie tot sowat 6 000 uit te brei.
Curro sal die transaksie met sy beskikbare kontant en banklenings betaal.
Die koopsom is nie bekend gemaak nie. Die aankondiging is vrywillig gedoen wat aandui hoe klein dit is.
Curro wil teen 2020 sowat 200 skole en 80 kampusse hê.
Die Sunday Times het in Oktober berig Curro beplan om in hoër onderwys uit te brei.
Hy het reeds die Embury-onderwyskollege in KwaZulu-Natal wat 3 000 studente het.
In 2017 beplan Curro ook om twee nuwe hoëronderwys-instellings in Midrand en Pretoria vir onderskeidelik 1 600 en 1 000 studente te open.
''n Instelling in die Wes-Kaap vir meer as 3 000 studente gaan in die komende twee tot drie jaar geopen word.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie