Curriebeker maak hom nóg N$1 000 ryker

Dani Booysen
Die kontantprys van N$1 000 in Republikein se Carling Curriebeker-rugbyraai is die afgelope week vir ’n tweede keer die seisoen deur Rudy Badenhorst (FOTO) van Windhoek opgeraap.

Sy raaiskoot dat die Bulle die Leeus met 40-20 sou klop, was die naaste aan korrek. Die eindtelling in die wedstryd was 40-21.

Die enigste ander kwalifiseerder was so ’n kortkop agter. Edwin van Wyk, ook van die hoofstad, het 25 en 26 punte vir die manne van Johannesburg gegee.

Komende naweek is drie wedstryde geskeduleer as voorgeregte vir Saterdag se tweede toets tussen die Springbokke en die Britse en Ierse Leeus. Kyk in die foto hoe om deel te neem.

Die SMS-lyn is slegs in Namibië aktief.

Kommentaar

Republikein 2025-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer