Curriebeker: Afrigter-stand steeds duister

Vyf dae voor hul eerste wedstryd was die afrigterskap van die Welwitschias gister steeds in onsekerheid gehul.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die sporadiese meningsverskille agter die skerms tussen die topbesture van die Namibië Rugby-unie (NRU) en die Namibië Rugbymaatskappy het 'n ongewenste konfliksituasie geskep.

Die twee entiteite het in die afgelope dae afsonderlik tot uiteenlopende besluite gekom, met die gevolg dat die NRU en die Maatskappy verskillende persone as hoofafrigter vir die Windhoek Draught Welwitschias aangestel het.

Die plaaslik gebaseerde Namibiese amateurspan begin komende naweek aan die Curriebeker eerste liga deelneem, met 'n tuiswedstryd teen die Griffons van Noord-Vrystaat.

'n Plaasvervanger moet bevestig word vir Lyn Jones, die Wallieser wat in 2017 en die eerste helfte van 2018 'n opwaartse groeikurwe met die Welwitschias begin toon het, voordat hy intussen die aanbod as Rusland se afrigter vir die 2019 Wêreldbeker aanvaar het.

Die Rugby-unie het laas week vir Johan Diergaardt ingelig dat hy as waarnemende afrigter vir die Curriebeker aangestel is. As afrigter van die 2011 Wêreldbekerspan is Diergaardt geen vreemdeling nie, met sy destydse spanbestuurder Greg Olivier wat glo ook betrek is om dié taak by die Welwitschias te vervul. Tot nou was Desiree Coetzee die bestuurder van die Welwitschias.

Diergaardt se aanstelling is die gevolg van die Rugby-unie se raadsvergadering op 8 Augustus, waarna hy laas week 'n aanstellingsbrief van die Rugby-unie se waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Christo Alexander, ontvang het.

Aan die ander kant het die Rugbymaatskappy se uitvoerende hoof, mnr. Mervin Green, gister aan Republikein gesê die afrigterskap van die Welwitschias word deur JP Nel en Jaco Engels behartig, wat beide die laaste paar jaar lede van die nasionale afrigterskorps is.

“Phil Davies (nasionale afrigter en direkteur van rugby van die Maat­skappy) het laas naweek ook vir Jood Opperman betrek om by die Welwit­schias se afrigterspan betrokke te raak,” het Green gesê.

“Ons het kontrakte met hierdie mense om hul pligte uit te voer, ingevolge die mandaat wat ons van die vorige topbestuur van die Namibië Rugby-unie ontvang het. Net soos wat ons die spelers kontrakteer.”

Tot onlangs is Roger Thompson nog as die gunsteling vir die posisie beskou en hy was inderdaad die kandidaat vir wie Davies aanbeveel het. Thompson was hoofafrigter van die Namibiese o.20-span sedert 2015, verdedigingsafrigter van die Wêreldbekerspan in dieselfde jaar en betrokke in elke provinsiale kompetisie sedertdien.

Die besluitnemers se belegging in Thompson se loopbaanvooruitsigte die afgelope jare is egter onlangs van koers gedwing toe hy klaarblyklik om persoonlike redes afwesig geraak en uit die prentjie verdwyn het.

In 2018 as die eerste jaar waarin die Rugbymaatskappy werklik operasioneel begin word het, is hierdie die mees ernstige geval van gekruisde lyne en tonetrappery met die Rugby-unie. Die vraag word gestel of die Unie werklik die mandaat aanvaar wat hy aan die maatskappy toevertrou het.

Die o.20's vertrek binnekort weer vir deelname aan die Wêreldrugby Onder 20 Trofee-toernooi in Boekarest, Roemenië.

Thompson se taak as o.20-afrigter word oorgeneem deur Henry Kemp, tans aan die stuur van Windhoek Hoër­skool. Kemp sal bygestaan word deur mnre. Irvin Newman as spanbestuurder, Sergio de la Harpe (krag en kondisionering), Sam Pickford (tegniese video-ontleder), dr. William Bezuidenhout (spandokter) en Innis Erasmus (fisioterapeut).

Die o.20-toerspan behoort vandeesweek aangekondig te word, nadat onttrekkings en beserings dit tot nou vertraag het.



'WEEK VIR WEEK'

Komplikasies in die Curriebeker eerste liga dreig steeds om kop uit te steek met Suid-Afrika se provinsiale unies wat steeds deur hul kommerwekkende geldelike posisie geteister word.

Komende naweek se besoek deur die Griffons is die eerste van drie tuiswedstryde vir die Welwitschias.

Provinsiale unies het onlangs 'n ultimatum aan Namibië gestel om óf die reis- en verblyfkoste van besoekende spanne aan Windhoek te dra, óf uit die Curriebeker eerste liga weggelaat te word.

Die Namibiese Rugbymaatskappy se mnr. Mervin Green het sedertdien verskeie reise onderneem om met SA Rugby te gaan onderhandel.

Green het egter gister aan die koerant gesê die SA unies wou meestal nie instem tot die Namibiese voorstelle om sekere van die tuis- en weg-venues om te ruil en op ander wyses na die mees kostedoeltreffende oplossings te soek nie.

Syfers van tot R900 000 is die afgelope tyd genoem as die bedrag wat nodig is om die drie wedstryde in Windhoek moontlik te maak, maar volgens Green kan die kostes bestuur word om inderdaad honderde duisende minder te beloop.

“Ons respekteer die situasie van unies soos byvoorbeeld die Grens Bulldogs, wat vanaf Oos-Londen na Port Elizabeth moet ry en daarna twee vlugte via Johannesburg moet ­onderneem. Boonop het hulle ver­skeie spelers uit plattelandse be­stemmings en noodsaak hul reise na Windhoek soms 'n oorslapery vir die hele span.

“Om dié rede het ons aangebied om na hulle toe te vlieg, in ruil dat die Valke hul tuiswedstryd omswaai om in Windhoek gespeel te word, maar die Valke was nie hiervoor te vinde nie.”

Volgens Green sal die situasie maar steeds op 'n weeklikse grondslag bestuur word.

Green sê Namibië erken dat hy van deelname aan die Curriebeker-struktuur afhanklik is ten einde sy nasionale span vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Japan voor te berei.

“Ons is dankbaar vir die insluiting. Waar anders sal ons hoëvlak kompetisie kry, of hoe voorbereid gaan ons span by die Wêreldbeker lyk as ons nie teen die SA provinsies kragte meet nie?”



Die Welwitschias se wedstrydprogram in die Curriebeker eerste liga:

25 Augustus: teen Down Touch Griffons (Hage Geingob-stadion)

1 September: teen Oostelike Provinsie Olifante (weg)

8 September: teen Valke (weg)

15 September: teen Luiperds (Hage Geingob-stadion)

22 September: teen SWD Arende (weg)

29 September: teen Grens Bulldogs (Hage Geingob-stadion)

6 Oktober: teen Boland Kavaliers (weg)

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%