Crusaders betrek Walliese afrigter
Superrugby
Mark Jones, 'n voormalige vleuel van Wallis, is as een van die Crusaders se hulpafrigters aangestel.
Jones, wat 'n kontrak van twee jaar met dié Nieu-Seelandse franchise gesluit het, is die vyfde en laaste lid van die Crusaders se afrigtingspan wat bevestig is.
Hy sal die kampioenspan se verdediging en “spelerspesifieke ontwikkeling” in die verskillende posisies behartig, het die Crusaders in 'n verklaring gesê.
Die span se uitvoerende hoof, Colin Mansbridge, sê dit is opwindend om iemand met Noordelike Halfrond-ervaring aan te stel.
“Ons is seker hy sal die geleentheid aangryp om op Superrugby-vlak af te rig.
“Mark bring baie vaardighede en ervaring as 'n oudspeler en afrigter en hy bied ons 'n vars perspektief, wat uiters waardevol sal wees in die opbou na ons 2020-veldtog.
“Dit is lekker om Mark, sy vrou en twee seuns in Christchurch te verwelkom.”
Scott Robertson, die Crusaders se hoofbreier, is dit met Mansbridge eens dat Jones 'n verskil sal maak.
“Om daardie Noordelike Halfrond-vaardighede en uitgebreide kennis te bekom, is belangrik.
“Ek is vol vertroue dat hy vinnig aanklank sal vind by ons spelers en dat hy 'n groot bate sal wees oor die volgende twee seisoene.”
Jones is 'n voormalige vleuel van die Scarlets, 'n klub vir wie hy 12 seisoene lank verteenwoordig het.
Hy het sy debuut in 2001 vir die Drake gemaak en het Wallis by twee Wêreldbeker-toernooie – in 2003 en 2007 – verteenwoordig.
Jones het in 2010 halt geroep nadat hy in 47 toetse gespeel het.
Sy oorgang na afrigting was spoedig en hy is in dieselfde seisoen as die Scarlets se vaardigheids- en aanvalsafrigter aangestel.
Hy was verlede jaar Namibië se aanvalsbreier in die Wêreldbeker-toernooi in Japan – hoewel hy minder as twee maande voor die toernooi aangestel is.
Canterbury (CRFU) het in Desember aangekondig dat Reuben Thorne, 'n voormalige All Black-kaptein, en Mark Brown die span se mede-afrigters in die Nieu-Seelandse Mitre 10-kompetisie sal wees.
Jones sal Canterbury se agterlyn afrig.
– TeamTalk, Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie