Crimson House en Andra deel verhoog by kus
Die Suid-Afrikaanse groep Crimson House bring hul Gypsy Jungle-vertoning oor die feestyd na Swakopmund. Crimson house sal saam met sangsensasie Andra van 19 tot 22 Desember by die Desert Tavern optree.
Crimson House se lewendige vertonings het die groep in 2010 baie gewild onder musiekliefhebbers gemaak en dit word tans as een van die beste musiekgroepe in Suid-Afrika beskou.
Met drie albums en vele radiotreffers op hulle kerfstok, is die energieke vertonings wat daarmee gepaard gaan, hul groot aantrekkingskrag.
Crimson House se musiek word as kabaret-rock beskryf en hulle sing gereeld oor die liefde, mense en vieringe van die lewe. Crimson House het onlangs die treffer Take a Chance bekend gestel en die lied weerspieël die kenmerkende klanke wat die groep deur die jare gewild gemaak het.
Andra is geen vreemdeling in die wêreld van musiek nie. As sanger, musikant en liedjieskrywer word sy hoog aangeskryf. Andra spog met agt albums agter haar naam en het ’n stem wat die vermoë het om enigiemand vir ‘n wyle van die werklikheid te laat vergeet.
Vanjaar kom hierdie twee merkwaardige talente bymekaar op een verhoog op Swakopmund. As deel van hierdie vertonings gaan plaaslike kunstenaars die geleentheid kry om die verhoog voor Andra en Crimson House te betree. Dit beloof om die heupe behoorlik los te maak.
Kaartjies vir die optredes is teen N$100 by die deur te koop. Vir meer oor hoe om in aanmerking vir voorvertonings te kom, besoek Desert Tavern se Facebook-blad.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie