Crete sluit jaar met ’n knal af
Gimnastiek
Tydens die laaste kompetisie vir die jaar, die nasionale kampioenskap, het die Windhoek klub Crete met meer as 100 artistiese gimnaste asook trampoliengimnaste in die afdelings vir seuns en meisies meegeding. Die Crete-gimnaste het vanaf vlak 1 tot senior Olimpiese vlak uitgeblink en met ’n totaal van neer as 50 medaljes en twaalf trofeë weggestap. “Ons sien uit na nog ’n wonderlike 2019 met soveel talentvolle jong gimnaste. Ons is besig om ons klasse vir die komende jaar se uitdagings en kompetisies voor te berei,” sê me. Bianca Pfaender, woordvoerder van die klub. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie