Cravenweek wéér gekanselleer
Rugby
Wim Pretorius – Die o.18-Cravenweektoernooi sal vir die tweede agtereenvolgende jaar nie plaasvind nie.
Dié besluit is deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) geneem met die provinsiale unies wat deur Jurie Roux, Saru se uitvoerende hoof, ingelig is dat dié toernooi weer ’n slagoffer van die Covid-19-pandemie is.
Toe dié prestigeryke toernooi in 2020 gekanselleer is, was dit die eerste keer sedert sy ontstaan in 1964 dat dit nie aangebied is nie.
Dié verwikkeling beteken dat geen provinsiale skolerugbytoernooi vanjaar sal plaasvind nie.
Tjaart van der Walt, eerstespan-afrigter van die Hoërskool Monument (Monnas), wat vanjaar tydens hul eeufees as gasheer sou optree, het Woensdag bevestig dat die skool van Saru se besluit ingelig is.
Skolerugby kon die afgelope naweek hervat nadat dit in Mei opgeskort is, maar omdat daar talle coronavirusgevalle by skole is, is verskeie wedstryde reeds weer afgelas.
Ofskoon skoleverenigings wel toegelaat word om hul eie provinsiale wedstryde te reël, is dit onwaarskynlik dat dit sal gebeur.
Met die komende rekordeksamen het verskeie skole reeds besluit om hul matrieks aan rugby te onttrek en speel hulle nou met o.17’s.
Verlede naweek se groot stryd tussen Monnas en Grey Kollege van Bloemfontein is gekanselleer nadat die Bloemfonteinse spogskool tydelik gesluit is weens kommer oor coronavirusgevalle in die skool.
Grey se stryd teen Oakdale, wat Saterdag in Bloemfontein sou plaasvind, het ook in die slag gebly.
Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch het ook sy deure vir alle leerlinge op 23, 24 en 25 Augustus gesluit, met net seuns in gr. 11 en gr. 12 wat daarna mag terugkeer, terwyl die res van die skool aanlyn met klasse sal voortgaan.
Die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) se jaarlikse kragmetings met die Jeppe High School for Boys van Johannesburg was eindelik net tot die o.14-spanne beperk, terwyl die jaarlikse interskole-stryd tussen Paarl Gimnasium en die Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) reeds van die baan is.
Boland moes ook sy Cravenweek-proewe kanselleer.
Die Cravenweek-toernooi is vroeër die maand tot Oktober uitgestel met Monnas wat duimvas gehou het dat die skool steeds in sy eeufeesjaar ’n nuwe hoofstuk in die Cravenweekse geskiedenis sou kon skryf.
In 2020 moes Affies, toe ook in sy eeufeesjaar, die Wêreld-skolerugbyfees kanselleer toe die Covid-19-pandemie uitgebreek het.
– Netwerk24
FOTO
Kade Wolhuter op die aanval vir die Westelike Provinsie tydens 2019 se o.18-Cravenweektoernooi by Grey Kollege in Bloemfontein. Foto Gallo Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie