Cran waarsku teen Samsung Galaxy Note 7
Die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie van Namibië (Cran) het ’n verklaring uitgereik om Namibiërs te waarsku dat die nuwe Samsung Galaxy Note 7 ’n fabrieksfout het. Dit kan glo moontlik oorverhit en ’n veiligheidsrisiko vir gebruikers inhou.
Hoewel die selfoon nog nie amptelik in Namibië bekend gestel is nie, het Cran ’n amptelike versoek aan 3G Mobile Namibia gerig om in te gryp en aan te dui wat die beste manier gaan wees om die toestel aan die Namibiese mark te onttrek. Dit mag wees dat sommige kliënte die selfoon reeds elders gekoop het.
Volgens Cran stem sy optrede ooreen met die wet, waarvolgens Cran moet seker maak telekommunikasietoestelle wat in die Namibiese mark verkoop word, nie ’n risiko vir openbare gesondheid en veiligheid inhou nie.
Cran doen ’n beroep op alle Namibiërs wat die toestel gekoop het, om met hom in verbinding te tree. Die publiek kan Cran se afdeling vir regsadvies kontak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie