CoW skors baas nu00e1 5G-storm
CoW skors baas nu00e1 5G-storm

CoW skors baas ná 5G-storm

’n Senior amptenaar by die Windhoek-munisipaliteit, om wie se kop ’n omkoopskandaal onlangs losgebars het, is tydelik van sy pligte onthef.
Denver Kisting
RDP-ondersoek duur voort





Denver Kisting – Die City of Windhoek (CoW) het gistermiddag by monde van sy hoofwoordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig die hoof van sy inligting- en kommunikasieafdeling, mnr. Reckliff Kandjiriomuini, is geskors.

Dít kom nadat Kandjiriomuini verlede maand by ’n omkoopskandaal betrek is waarby N$5 miljoen glo betrokke is.

Akwenye het gistermiddag by navraag gesê: “Dis waar, ja. Dit (die skorsingsbrief) is Dinsdag 11 Augustus op hom beteken.”

Hy sê die verwikkeling het ten doel om ’n ongehinderde ondersoek na die bewerings teen Kandjiriomuini moontlik te maak.



Kandjiriomuini het in Julie ontken hy het ’n raadslid van die Rally for Democracy and Progress (RDP), me. Brunhilde Cornelius, probeer omkoop sodat sy haar steun kan toesê aan ’n Oosterse tegnologiereus vir ’n 5G-tender. “Met watter geld? Hoe sal ek omkoop?” wou hy weet.

Hy het aanvanklik aan Republikein gesê hy is nie in daardie stadium by magte om op die beweringe teen hom kommentaar te lewer nie. Volgens hom het hy toe gewag op die bevindinge van ’n onafhanklike ondersoek na die aantygings. Hy het geen verdere besonderhede oor dié beweerde ondersoek verstrek nie.

Gister het hy nie op ’n WhatsApp-navraag gereageer of sy foon geantwoord nie.

Mnr. Nicanor Ndjoze, Cornelius se mede-RDP-lid wat glo deur Kandjiriomuini gebruik is om haar om te koop, het gister opnuut geweier om kommentaar te lewer.

Hy sê hy swyg op regsadvies. Hy wou terselfdertyd nie gistermiddag die naam van sy regsverteenwoordiger “onthul” nie.

Volgens hom sal hy nie die RDP se opdrag gehoorsaam om op skrif sy weergawe aan dié opposisieparty te stel nie.

Ndjoze sê hy het besluit om hom eerder tot die hof te wend.

Wat die aard van dié plan behels, het hy nie gesê nie.

Die RDP-president, mnr. Mike Kavekotora, sê die party het besluit om nie vir Cornelius of Ndjoze hangende hul interne ondersoek te skors nie. “Ons het tot die gevolgtrekking gekom dat omdat hierdie ’n eksterne aangeleentheid is, sal hulle met niks inmeng nie.”

Cornelius het onlangs aan die nasionale polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, geskryf om haar kommer uit te spreek.

In dié skrywe sê sy sy is die klaer in die saak wat verband hou met “bewerings van hoëvlakkorrupsie by die City of Windhoek”.

Volgens haar is die “primêre bewysstukke” oor die beweerde voorval reeds twee maande onverrigtersake in die polisie se hande.

Boonop, maan Cornelius, het “verskeie voorvalle” kommer laat ontstaan “dat die bewyse nie meer veilig is nie of die risiko loop om te verdwyn”.

Sy dring voorts aan op die naam en kontakbesonderhede van die huidige ondersoekbeampte vanweë die feit dat komm. Nelius Becker nie meer gemoeid is met die saak nie, sê Cornelius.

Sy vra ook dat Ndeitunga haar sy “persoonlike versekering” gee dat die bewyse steeds veilig is en veilig sal bly.

Dae later skryf Ndeitunga terug en sê onder meer: “Geliewe verseker te wees dat die bewyse wat ingesamel is, sal bewaar word en is veilig.”

Volgens die nasionale polisiebaas is die dossier en die bewyse sedertdien per hand aan die Teenkorrupsiekommissie (ACC) oorhandig.

Daardie liggaam sal voortaan die ondersoek behartig, sê hy.

Me. Josefina Nghituwamata, die ACC se woordvoerder, het vroeër gesê die dossier is tans by hul direkteur-generaal, mnr. Paulus Noa.

Gistermiddag het sy onderneem om te laat weet in watter stadium die ondersoek is en of Noa reeds ’n beslissing gemaak het oor die weg vorentoe. “Ek sal binnekort (voor die einde van die dag) reageer.” - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%