CoW: Internettoegang 'n basiese mensereg
CoW: Internettoegang 'n basiese mensereg

CoW: Internettoegang 'n basiese mensereg

Tydens 'n openbare verhoor het Paratus 'n beroep op Cran gedoen om nie net CoW se lisensie ter syde te stel nie, maar om die aansoek te weier.
Sanet de Waal
Yolanda Nel



Volgens argumente wat gisteroggend gehoor is, is internettoegang 'n basiese mensereg.

Dit is tydens 'n openbare verhoor deur die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie van Namibië (Cran) gesê oor die toekenning van 'n ­omvattende telekommunikasiedienslisensie aan die Windhoekse munisipaliteit (CoW).

Paratus het 'n beroep op Cran gedoen om nie net die lisensie ter syde te stel nie, maar die CoW se aansoek te weier.

Adv. Thabang Phatela, wat vir CoW verteenwoordig het, het gesê internettoegang is nie meer 'n luukse nie, “maar 'n basiese mensereg”.

Hy is van mening die raad het die mag om “toerisme in ons jurisdiksie te bevorder, onderhewig aan bepalings van hierdie wet of enige ander wet, wat volgens ons die kommunikasiewet insluit”.

Mnr. Charles Visser het vir Paratus verteenwoordig en gesê die wet op plaaslike owerhede maak nie voorsiening vir die bestuur van 'n vesel­optiese netwerk nie. Om dit te kan doen moet die wet gewysig word.

“Net omdat die munisipaliteit 'n ­veseloptiese netwerk gebruik, beteken dit nie dat hulle dit kan kommersia­liseer nie. Die wet bepaal spesifiek die munisipaliteit is ­verantwoordelik vir 'n aantal ander gebiede, insluitend ­waterregulasies, paaie en afvalbestuur,” het hy gesê.

Paratus het op 22 Mei 2020 'n klag teen Cran ingedien oor die ­toekenning van 'n omvattende telekommunikasie­dienslisensie aan CoW.

Dit kom nadat Cran die stad se tele­kommunikasielisensie goedgekeur het waarvoor hulle in Februarie 2019 aansoek gedoen het.

Die verhoor kom te midde van aan­tygings dat sekere individue glo 'n raadslid vir miljoene Namibiese dollars omgekoop het om nie beswaar teen 'n ooreenkoms tussen CoW en Huawei vir 5G-tegnologie in die hoofstad te maak nie.

Volgens 'n anonieme bron ondersoek die Teenkorrupsiekommissie (ACC) dié aantygings.

Nie Cran of Paratus het teen druktyd op navrae gereageer nie.

Die lisensie sal die stad toegang tot die konstruksie, instandhouding, ­eienaarskap en beskikbaarstelling van een of meer netwerkelemente, infrastruktuur en ander fasiliteite wat vir die verskaffing van telekommunikasie voorsiening maak, uitsaaiwese, elektroniese kommunikasie of ­toepassingsdienste gee.

Die toekenning van die lisensie het die telekommunikasiesektor egter laat wankel omdat die CoW in werklikheid vir 'n lisensie vir netwerk­fasiliteite aansoek gedoen het en nie vir 'n omvattende telekommunikasiedienslisensie nie.

Me. Ronel le Grange, hoof van ­kommunikasie by Cran, het die verhoor gesluit en gesê insette sal tot 17 Julie aanvaar word.

Cran se raad van direkteure sal teen 28 Julie 'n uitspraak lewer.

“Alle mondelingse voorleggings wat vandag (Woensdag) gemaak is en ­geskrewe voorleggings wat tot Vrydag ingedien kan word, sal oorweeg word,”het sy gesê.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!