CoW: Internettoegang 'n basiese mensereg

Aantygings van omkopery

16 July 2020 | Tegnologie
Yolanda Nel



Volgens argumente wat gisteroggend gehoor is, is internettoegang 'n basiese mensereg.

Dit is tydens 'n openbare verhoor deur die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie van Namibië (Cran) gesê oor die toekenning van 'n ­omvattende telekommunikasiedienslisensie aan die Windhoekse munisipaliteit (CoW).

Paratus het 'n beroep op Cran gedoen om nie net die lisensie ter syde te stel nie, maar die CoW se aansoek te weier.

Adv. Thabang Phatela, wat vir CoW verteenwoordig het, het gesê internettoegang is nie meer 'n luukse nie, “maar 'n basiese mensereg”.

Hy is van mening die raad het die mag om “toerisme in ons jurisdiksie te bevorder, onderhewig aan bepalings van hierdie wet of enige ander wet, wat volgens ons die kommunikasiewet insluit”.

Mnr. Charles Visser het vir Paratus verteenwoordig en gesê die wet op plaaslike owerhede maak nie voorsiening vir die bestuur van 'n vesel­optiese netwerk nie. Om dit te kan doen moet die wet gewysig word.

“Net omdat die munisipaliteit 'n ­veseloptiese netwerk gebruik, beteken dit nie dat hulle dit kan kommersia­liseer nie. Die wet bepaal spesifiek die munisipaliteit is ­verantwoordelik vir 'n aantal ander gebiede, insluitend ­waterregulasies, paaie en afvalbestuur,” het hy gesê.

Paratus het op 22 Mei 2020 'n klag teen Cran ingedien oor die ­toekenning van 'n omvattende telekommunikasie­dienslisensie aan CoW.

Dit kom nadat Cran die stad se tele­kommunikasielisensie goedgekeur het waarvoor hulle in Februarie 2019 aansoek gedoen het.

Die verhoor kom te midde van aan­tygings dat sekere individue glo 'n raadslid vir miljoene Namibiese dollars omgekoop het om nie beswaar teen 'n ooreenkoms tussen CoW en Huawei vir 5G-tegnologie in die hoofstad te maak nie.

Volgens 'n anonieme bron ondersoek die Teenkorrupsiekommissie (ACC) dié aantygings.

Nie Cran of Paratus het teen druktyd op navrae gereageer nie.

Die lisensie sal die stad toegang tot die konstruksie, instandhouding, ­eienaarskap en beskikbaarstelling van een of meer netwerkelemente, infrastruktuur en ander fasiliteite wat vir die verskaffing van telekommunikasie voorsiening maak, uitsaaiwese, elektroniese kommunikasie of ­toepassingsdienste gee.

Die toekenning van die lisensie het die telekommunikasiesektor egter laat wankel omdat die CoW in werklikheid vir 'n lisensie vir netwerk­fasiliteite aansoek gedoen het en nie vir 'n omvattende telekommunikasiedienslisensie nie.

Me. Ronel le Grange, hoof van ­kommunikasie by Cran, het die verhoor gesluit en gesê insette sal tot 17 Julie aanvaar word.

Cran se raad van direkteure sal teen 28 Julie 'n uitspraak lewer.

“Alle mondelingse voorleggings wat vandag (Woensdag) gemaak is en ­geskrewe voorleggings wat tot Vrydag ingedien kan word, sal oorweeg word,”het sy gesê.

– [email protected]

Soortgelyk

 

Making the lives of the Namibian youth better

2 ure gelede | Mense

Monique AdamsThe statement “never forget where you come from” is something Robert Haihambo frequently reminds himself of.‘Do it for the Kids Namibia’ is a voluntary...

Namaf toenemend voorskriftelik, sê forum

2 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Vier uit vyf private diensverskaffers van gesondheidsdienste in Namibië wat aan ’n onlangse peiling deur die Namibiese Private Praktisynsforum (NPPF) deelgeneem het,...

Steun vir renosters

2 ure gelede | Omgewing

Renosterbewaring lê Namibia Hospitality Suppliers & Distributors baie na aan die hart en hulle het hande met die niewinsgewende organisasie die Rhino Momma Project gevat....

Man vas oor foto van afgemaaide vissermanne

2 ure gelede | Afrika

Ronelle RademeyerTerwyl Botswana se staatshoof sy regering tot “dialoog en aktiewe betrokkenheid” oor kwessies voortspruitend uit die dood van die Nchindo-broers en hul neef verbind...

Nust verdedig nuwe VK-aanstelling

2 ure gelede | Onderwys

Jemima BeukesDie Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie se raadsvoorsitter, me. Floretta Nakusera, sê hulle sal die aanstelling van dr. Erold Naomab as nuwe visekanselier...

Weer vir 17 November 2020

2 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie warm in die Suide en Weste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met geïsoleerde donderbuie in...

Landdroste streef na beter

2 ure gelede | Howe

Augetto Graig Die weeklange jaarvergadering vir landdrosse vanoor die hele Namibië het gisteroggend by die Safari Hotel in die hoofstad afgeskop. Die voorsitter van die...

Geslagsgeweld ’n ‘pandemie’

2 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtNamibië bly ’n patriargale gemeenskap, met toksiese manlikheid wat geanker is in neerbuigende en paternalistiese waardesisteme van manlike oppergesag wat deur die nagevolge van...

China red Oshakati-abbatoir

2 ure gelede | Landbou

Tuyeimo Haidula op OshakatiNingbo Agriculture Investment Group, ’n Chinese maatskappy, het ’n plaaslike maatskappy se hand gevat om beheer te neem oor die tweede grootste...