Covid pootjie Wika 2021
Covid pootjie Wika 2021

Covid pootjie Wika 2021

Yandi Du Plessis
“Die Windhoek Carnival Society het met 'n swaar hart besluit om weens die Covid-19-pandemie Wika 2021 te kanselleer,” lui 'n mediaver­klaring wat onlangs uitgereik is. Vanweë die huidige Covid-maatreëls en die beperkte aantal mense wat 'n byeenkoms mag bywoon, sal die jaarlikse Windhoek-karnaval, ofte wel Wika, nie tans kan plaasvind nie. Moontlike alternatiewe is bespreek, wat egter moeilik of selfs onmoontlik is om te implementeer, lui­dens die verklaring. “As die situasie in die volgende paar maande drasties verander en die moontlikheid bestaan om die geleentheid aan te bied, sal die komitee dienooreenkomstig optree.” Foto AZ argief

Kommentaar

Republikein 2026-06-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer