Covid pootjie Wika 2021
“Die Windhoek Carnival Society het met 'n swaar hart besluit om weens die Covid-19-pandemie Wika 2021 te kanselleer,” lui 'n mediaverklaring wat onlangs uitgereik is. Vanweë die huidige Covid-maatreëls en die beperkte aantal mense wat 'n byeenkoms mag bywoon, sal die jaarlikse Windhoek-karnaval, ofte wel Wika, nie tans kan plaasvind nie. Moontlike alternatiewe is bespreek, wat egter moeilik of selfs onmoontlik is om te implementeer, luidens die verklaring. “As die situasie in die volgende paar maande drasties verander en die moontlikheid bestaan om die geleentheid aan te bied, sal die komitee dienooreenkomstig optree.” Foto AZ argief
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie