Covid kan lei tot toename in selfdood

15 September 2020 | Gesondheid
Jana-Mari Smith – Namibië het die vierde meeste gevalle van selfdood per capita in Afrika en die 11de meeste ter wêreld.

Kenners vrees dat die Covid-19-pandemie kan bydra tot 'n voortdurende toename van selfdood in die land.

Die polisie se nuutste statistiek toon dat vanaf Januarie 2019 tot 31 Julie 2020, 752 Namibiërs selfdood toegepas het.

Verlede jaar het 486 mense selfdood gepleeg en in die eerste sewe maande van 2020 het die polisie 266 gevalle van selfdood aangemeld.

'n Paneelbespreking het verlede week in die lig van Wêrelddag vir Selfmoordvoorkoming in Windhoek plaasgevind.

Me. Jennifer Lifasi, 'n maatskaplike werker, het hiertydens gesê dat Namibië 'n kommerwekkende selfdoodkrisis in die gesig staar.

Me. Iani de Kock, 'n kliniese sielkundige by die Bel Esprit-kliniek in Windhoek, sê Namibië se selfdoodkoers is byna dubbeld die globale koers van 11 selfdoodgevalle per 100 000 mense.

“Hoewel studies dit nog nie kan bevestig nie, moet ons besef die Covid-19-pandemie kan lei tot die toename in selfdood in die maande en jare wat kom,” het De Kock gesê.

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het bevestig dat daar vanaf Januarie tot Junie vanjaar reeds ongeveer 435 selfdoodpogings was.

Volgens die kliniese sielkundige, dr. Shaun Whittaker, kan ekonomiese stres insluitende werkloosheid veral in Namibië die dryfkrag agter selfdoodneigings wees.

“Daar is 'n duidelike verband tussen ekonomiese depressie en 'n toename in selfdood, depressie en geestesgesondheidsprobleme in die algemeen,” het hy gesê.

'n Studie in Namibië het getoon dat mans van 'n ekonomiese produktiewe en aktiewe ouderdom die kwesbaarste vir selfdood is.

Volgens die polisie se statistiek in 2019 het 409 mans en 58 vroue selfdood gepleeg.

Vanaf Januarie tot Julie vanjaar het 222 mans teenoor 31 vroue selfdood gepleeg.



KINDERS, PER STREEK

Agt seuns en 11 meisies het in 2019 selfdood gepleeg en in die eerste sewe maande van 2020 was daar ses seuns en sewe meisies.

Die Khomasstreek het vanjaar tot Julie die hoogste getal selfdoodgevalle gehad met 48 lewens wat geëis is. Die Omusatistreek het die tweede meeste (42) en daarna Otjozondjupastreek (29).

Verlede jaar het die Omusati­streek die meeste gevalle gehad met 66, daarna die Ohangwenastreek met 62 en dan die Khomasstreek met 51.



'VRA HULP'

Tydens die paneelbespreking het 'n man ingebel en homself voorgestel as “Jaco van Khomasdal”.

Hy het vertel hoe hy ná 'n selfdoodpoging vir drie dae in 'n koma was. Daarna het die staat berading en medikasie verskaf en dit het hom gehelp om weer op die been te kom.

“Ons moet verstaan dit is 'n siekte – dit is nie iets wat mens kan ignoreer nie. Jy moet erken jy is siek en dan moet jy hulp kry. Jy moet hulp soek en dit is die heel belangrikste ding.”

 - [email protected]

Soortgelyk

 

Net 19 nuwe Covid-19-gevalle

9 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê uit 967 weefselmonsters wat getoets is, het 19 positief vir Covid-19 getoets. Hiervan is...

Min kans vir vlieg na SA

1 dag gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Hoewel Suid-Afrika Donderdag sy grense vir besoekers uit goedgekeurde lande, waaronder Namibië, heropen, moet Namibiërs vir eers verlief neem met die feit...

Remaining powerful through education

1 dag gelede | Mense

Ester Kamati With a key interest in space science and the history of science, watching videos on these topics is Hosea Hashili’s favourite pastime. Hasili...

Weer, Dinsdag 29 September 2020

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm, maar baie warm in die Noorde. Enkele wolke sal na verwagting oor die Zambezistreek voorkom.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vroeggebore tweeling sterk goed aan

1 dag gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Twee maande nadat hulle te vroeg op 27 weke in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gebore is, kan die ouers...

Nuwe Fenata-voorsitter vanuit ontluikende toerismebedryf

1 dag gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Geskiedenis is gemaak toe die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, vir die eerste keer uit die geledere...

Onopgeloste verdwynings, moorde stapel op

1 dag gelede | Misdaad

Ellanie Smit – Terwyl die familie van die 22-jarige me. Shannon Darlikie Wasserfall met die trauma van haar verdwyning ses maande gelede worstel, dreig die...

One ­Africa TV ­partners with NMH

1 dag gelede | Onderwys

Distributed through Namibia Media Holdings' (NMH) youth brand, My Zone, the newly added grade zero to seven lessons form part of a ­collaboration with the...

A look at National Readathon, Heritage Week

1 dag gelede | Onderwys

Enzo AmueleThe National Readathon and Heritage Week, which were launched by the minister of education, arts and culture Ester Nghipondoka, took place last week.The Readathon...