Covid hou Cheetahs uit Potch
Covid hou Cheetahs uit Potch

Covid hou Cheetahs uit Potch

Rugby
Marnus Kok – Die Cheetahs se beplande oefenkamp die week in Potchefstroom ter voorbereiding van die Curriebeker-reeks is deur Covid-19 in die wiele gery.

Die Vrystaters sou van vandag af in Noordwes gesweet het en dan Saterdag daar 'n wedstryd teen die Luiperds gespeel het.

'n Woordvoerder van die Cheetahs het egter gister gesê die oefenkamp is weens 'n aantal gevalle van Covid-19 in die Luiperds se kamp van die baan. Die Cheetahs sal nou Saterdag 'n oefenwedstryd teen die Oostelike Provinsie-Olifante in Bloemfontein hê.

Intussen het Arni van Rooyen, uitvoerende hoof van die Griekwas, bevestig dat die Poubloues se beplande oefenwedstryd die afgelope Vrydag teen die Luiperds ook weens gevalle van Covid-19 by die Potchefstromers in die slag gebly het. Die wedstryd sou in Vryburg plaasgevind het.

Die verwagting is dat die Curriebeker-reeks die naweek van 18 Junie begin.
– Netwerk24


FOTO
Die Springbok Frans Steyn die afgelope naweek in aksie in die Cheetahs se verloorwedstryd teen ’n uitnodigingspan in Bloemfontein. Foto Gallo Images

Kommentaar

Republikein 2025-12-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer