Covid-gevalle wu00eareldwyd oorskry 14,5 m.
Covid-gevalle wu00eareldwyd oorskry 14,5 m.

Covid-gevalle wêreldwyd oorskry 14,5 m.

Jeanette Diergaardt
Meer as 14,5 miljoen mense is wêreldwyd met Covid-19 geïnfekteer en die dodetal is tans 604 232, volgens ’n Reuters-verslag.

In meer as 210 lande is infeksies aangemeld sedert die eerste geval in China in Desember 2019.

Suid Afrika maak deel uit van die top-50 lande met die meeste gevalle en is sesde. Die VSA is eerste op die lys met die meeste gevalle.
Altesaam 7 955 803 mense het wêreldwyd van die virus herstel.

Volg dié skakel om meer oor die Covid-19-gevalle uit te vind. https://tmsnrt.rs/3aIRuz7
-Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2026-07-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer