Covid-gevalle mik vir 900
Henriette Lamprecht – Die aantal bevestigde Covid-19-gevalle in die land het binne 24 uur met 76 tot 861 gestyg. Uit die jongste 76 gevalle is 75 Namibiërs en een ‘n buitelander op ‘n vaartuig by Walvisbaai.
Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), dr. Kalumbi Shangula, is 73 van die nuwe gevalle op Walvisbaai aangeteken, een in Windhoek, een in Gobabis en een in Keetmanshoop.
Uit die 76 gevalle is 52 mans en 24 vroue.
Volgens Shangula is die jongste drie jaar oud en die oudste 49. Die geval in Keetmanshoop is 'n Zimbabwiese vragmotorbestuurder en inwoner van Suid-Afrika wat op 12 Julie in Namibië getoets is en 'n vrag op Walvisbaai gaan aflaai het.
Die geval in Windhoek is 'n Namibiese student wat uit Rusland via Duitsland na Namibië teruggekeer het en op 10 Julie die land binnegekom gekom het. Hy is in kwarantyn getoets.
‘n Vragmotorbestuurder van Walvisbaai onderweg na Botswana is op die grens getoets. Hy is in die isolasiegeriewe op Gobabis opgeneem.
Volgens Shangula het 28 mense van Covid-19 herstel. Tot op hede is 14 698 weefselmonsters getoets en is 759 mense tans in kwarantyn in geriewe oraloor die land.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie