Covid-gevalle in Erongo styg skerp
Van die 363 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste aangekondig is, woon bykans net soveel in die Erongo- as in die Khomasstreek.
Windhoek het 107 nuwe gevalle en Erongo 102. Die ministerie sê hy is bekommerd oor die styging in gevalle aan die kus en meen dit kan aan die pasafgelope feesseisoen toegeskryf word.
Intussen bly styg die getal Covid-pasiënte in hospitale, en staan nou op 312. Onder hulle is daar 38 mense wie se toestand kritiek is.
Nog 21 gesondheidswerkers het positief getoets, terwyl daar ook ‘n toename in positiewe gevalle onder mense is wat in die mynbedryf en in die kleinhandel werk.
Die virus het ook die lewe van nog vyf mense geëis – drie mans en twee vroue. Hulle was tussen 55 en 83 jaar oud.
Die Covid-sterftesyfer staan nou op 240, terwyl daar 3 773 mense in die land is wat die virus onder lede het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie