Covid geen verskoning vir stokkiesdraai, sê gesondheidsministerie
Volgens 'n hospitaalbaas in die noorde van die land gebruik sommige mediese personeel Covid-19 as 'n verskoning om nie by die werk aan te meld nie.
Tuyeimo Haidula op Oshakati
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het sy personeellede in die Noorde aangesê om op te daag vir werk, selfs al het hulle positief vir Covid-19 getoets – solank hulle net nie ernstig siek is nie.
In 'n omsendbrief getiteld “Die prosedure om te volg wanneer iemand Covid-positief of moontlik positief is” wat aan die begin van dié maand uitgestuur is, het die Oshakati-staatshospitaal se waarnemende superintendent, dr. Asumani Kibandwa, gesê terwyl hy bewus is dat Namibië tans gebuk gaan onder 'n verwoestende en dodelike golf van Covid-19, is daar sommige personeellede wat kanse vat en Covid-19 as 'n verskoning gebruik om nie by die werk aan te meld nie.
Gevolglik, het Kibandwa gesê, het die bestuur verpligte protokolle ingestel wat personeellede moet volg indien hulle vermoed hulle het Covid-19, of as hulle positief toets.
Hy sê omdat infeksies skrikwekkende getalle bereik en die huidige 80-bedsaal vol is wat aan Covid-pasiënte toegeken is, is die Covid-eenheid met nog 'n saal vergroot.
“In hierdie ongekende tye het ons ál die beskikbare mannekrag nodig en nou, meer as ooit vantevore, het ons 'n ubuntu-mentaliteit nodig. Al die personeellede wat vermoed hulle het Covid-19, moet steeds aanmeld terwyl hulle op uitslae wag, tensy hulle matige tot ernstig simptome toon. As hulle net ligte simptome het, moet dié personeellede vir diens aanmeld,” het Kibandwa gesê.
Hy het bygevoeg die risiko vir oordrag van die virus tussen kollegas behoort minimaal te wees as hulle die nodige beskermende toerusting (PPE's) dra. Dít ondanks die feit dat ons susterkoerant Namibian Sun onlangs berig het dokters moes noodgedwonge smeek vir skenkings van chirurgiese handskoene ná hulle vier maande lank 'n tekort gehad het.
Een dokter wat Sondag met Namibian Sun gepraat het, is glo al twee keer geïnfekteer.
“Meeste van die gesondheidsorgwerkers is asimptomaties. Tot op 'n punt waar 'n mens nie eens weet of hulle weer geïnfekteer is of komplikasies ervaar van die vorige keer wat hulle siek was nie,” het die dokter gesê. Hy het bygevoeg ondanks die minister van gesondheid, dr. Kalumbi Shangula, se versekering aan die land dat PPE's beskikbaar en voldoende is, is die werklike situasie op grondvlak kritiek.
“Ons werk met plastiekvoorskote en handskoene is skaars. Jy kry miskien 'n masker by die verpleegsters wat aan diens is. Jy sal positiewe Covid-19-uitslae kry van 'n pasiënt met wie jy in kontak was nádat hulle dood is of na 'n ander saal oorgeplaas is. Almal infekteer almal hier. Dit is 'n ramp.
“Daar word steeds van jou verwag om werk toe te gaan, behalwe as jy matige tot ernstige simptome het. Jy moet basies regtig siek wees om nié op te daag nie – by 'n werkplek wat niks doen om te verhoed dat jy weer geïnfekteer word nie. Namate meer gesondheidswerkers siek word, val dié las op die skouers van die handjievol wat oorbly, wat dit 'n verlore stryd maak,” het die dokter benadruk.
In sy omsendbrief het Kibandwa gesê personeellede met matige tot ernstige simptome wat vermoed hulle het Covid-19, moet hul siekteverlofvorms by hul departementshoofde en daarna by sy kantoor indien, wat as bevestiging dien dat hulle wel getoets is en op hul uitslae wag. Hy het ook verduidelik wat as matige tot ernstige simptome kwalifiseer.
“Almal wat positief toets, moet 'n harde kopie van hul uitslae indien.
“Diegene met matige simptome sal vir tien dae kan isoleer, vanaf die dag wat die monster geneem is.
“Die menslike hulpbronne-afdeling sal rekord hou van verlofdae en daar word van so 'n personeellid verwag om op die elfde dag weer vir diens aan te meld. Die versuim om dit te doen, sal as onbetaalde verlof beskou word,” het hy geskryf.
Kibandwa het Dinsdag gesê: “Ons het al die nodige voorraad van PPE's en daar is tans nie 'n tekort nie. Mense berig net oor dít wat hulle gemaklik mee voel.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie