Covid eis ECB se Foibe Namene
Covid eis ECB se Foibe Namene

Covid eis ECB se Foibe Namene

Ronelle Rademeyer
Die uitvoerende hoof van die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB), me. Foibe Louise Namene, is in Windhoek aan Covid-19 dood.
Die aankondiging is Sondagoggend deur vriende en kennisse in die sosiale media gemaak.
Sy is in 2014 in dié pos aangestel.
Namene was tans besig met haar doktorsgraad aan die Universiteit van Namibië.
Sy was ‘n toegelate prokureur by die hoërhof in Namibië en het meer as 20 jaar se ervaring in die elektrisiteitsvoorsieningsbedryf op haar kerfstok gehad.
Nameme het op verskeie direksies gedien en was ook die voorsitter van die Namibiese komitee van die Wêreldenergieraad.

Kommentaar

Republikein 2025-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer