Covid 19: Toetsing na //Kharasstreek uitgebrei
Covid 19: Toetsing na //Kharasstreek uitgebrei

Covid 19: Toetsing na //Kharasstreek uitgebrei

Henriette Lamprecht
Die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP) het sy toetsing vir Covid-19 na die //Kharasstreek uitgebrei. Volgens me. Emmy-Else Ndevaetela van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) word weefselmonsters nou ook in Keetmanshoop getoets. Tot op hede is 6 106 weefselmonsters getoets. Namibië het tans 34 bevestigde Covid-19-gevalle waarvan 18 ten volle herstel en 16 aktief is. Tans is 639 mense in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2026-07-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer