Covid-19: Tenders gesoek vir miljoen entstowwe
Covid-19: Tenders gesoek vir miljoen entstowwe

Covid-19: Tenders gesoek vir miljoen entstowwe

Die Sentrale Mediese Store het vrystelling van die Sentrale Verkrygingsraad gekry om die Covid-19-entstowwe aan te koop.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste weet klaar wie die tender vir die verskaffing van ’n miljoen entstowwe teen Covid-19 gaan kry en die uitreiking van ’n oop tender is blote formaliteit.

Dit was die algemene gevoel onder ingeligte bronne in die mediese bedryf, wat sê dit sal moeilik vir plaaslike verskaffers en invoerders wees om binne sewe dae die aflewering van ’n miljoen enstowwe as private entiteite te verseker.

Die tender, wat op 19 Maart sluit, volg ’n jaar nadat die eerste twee Covid-19-gevalle in Namibië aangeteken is en binne ’n week nadat die minister van gesondheid sekere Covid-19-entstowwe vrygestel het van registrasie by die Namibiese Medisynebeheerraad (NMCR).

Die entstowwe wat deur minister Kalumbi Shangula vrygestel is van registrasie is nie deur die NMCR goedgekeur nie, terwyl die oorgrote meerderheid ook nog nie deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) vir noodgebruik (Emergency Use Listing) geregistreer is nie.

Slegs vervaardigers of handelaars en verspreiders in farmaseutiese produkte wat wettig geregistreer is en geldige vervaardigings- of handelslisensies in Namibië het of wat andersins wettige goedkeuring in die land van uitvoer van die items gespesifiseer het, mag tender.

Die ministerie se oop tender vir Covid-19-entstowwe kan “privaat gefinansier” word met die opsie om eers oor 90 of 60 dae te betaal, het een van die bronne gesê.

Volgens dr. Shangula is die oop tender ’n poging om die mark te toets omdat selfs die Saamkoopmeganisme (Pooled Procurement Mechanism) nie die laagste pryse verseker nie.

Shangula sê die regering gaan nietemin voort om met vervaardigers en lande te onderhandel wat entstowwe produseer.

“Ons werk ook saam met Covax, maar ons het gesien hoe hulle aanmekaar die afleweringsdatums verander,” het Shangula by navraag gesê.

Volgens die minister het sy ministerie ook vrystelling van die Sentrale Verkrygingsraad gekry om die entstowwe aan te koop. Shangula sê die ministerie het ook ’n ontmoeting met Rusland gehad wat bereid is om direk met die regering te werk, maar het ook die naam van ’n agent verskaf wat die entstowwe aan Namibië kan verskaf.

Met verwysing na entstowwe uit Indië, sê Shangula die ministerie werk met die ambassade.

Om deel te wees van die “noodaankope” moet tenderaars se sake in orde wees by die ministerie van finansies en die maatskaplike voorsorgfonds; tenderaars moet ’n geldige invoerpermit van die NMRC hê, as farmaseutiese verspreider by die Raad vir Gesondheidsberoepe (HPCN) geregistreer wees en ook ’n geldige sertifikaat hê dat dit aan vereistes vir regstellende aksie voldoen.

Die miljoen entstowwe wat nie gespesifiseer is nie, moet direk aan die Sentrale Mediese Store (CMS) gelewer word, terwyl tenderaars net volgens die tenderdokument mag tender vir entstowwe op die WHO se goedgekeurde noodlys (EUL) of ander regulerende owerhede wat deur die NMRC erken word.

Die ministerie behou ook die reg om enige versoek “ter enige tyd sonder betaling of enige tipe boete” te kanselleer. Die verkoper moet verseker dat die entstof se vervaldatum daarop verskyn, terwyl die entstowwe steeds “70% raklewe” by verskaffing moet hê.

Die mediese store sal die verskaffer binne 60 dae van ontvangs van die entstowwe volgens die tenderdokument betaal. Die store behou die reg voor om enige of alle aanbiedinge te aanvaar of te verwerp, terwyl ’n bestelling wat nie voor of op die afleweringsdatum afgelewer is nie, sonder enige kennisgewing gekanselleer kan word.

Namibië sal 127 200 dosisse AstraZeneca ontvang, volgens ’n tussentydse Covax-verslag oor die verspreiding van entstowwe in Afrika. Bykomend tot Covax en die Afrika Platform vir die Verskaffing van Medisyne (AMSP) van die Afrika Unie, onderhandel Namibië ook met vervaardigers van Covid-19-entstowwe in China, Rusland, Indië en Amerika.

Die totale voorgestelde begroting vir die ontplooiingsplan van die Covid-19-entstowwe is N$583 miljoen, waarvan N$484,8 miljoen vir die aankoop van die entstowwe is. Dit sal Namibië in staat stel om entstowwe vir ’n bykomende 40% van die bevolking aan te koop om ’n immuniseringsdekking van 60% te behaal.

China het 100 000 dosisse van die Sinopharm-entstof en Indië 30 000 dosisse Covishield van die Serum Instituut van Indië aan Namibië beloof. Onderhandelinge is ook aan die gang om die Sputnik-5-entstof van Rusland te verkry.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%