Covid-19-sterftes steek 300-kerf verby
Die Covid-19-verwante sterftesyfer vir die land staan nou op 301, nadat nog vyf sterftes - twee in Windhoek, een in Oshakati, een in Otjiwarongo en een in Walvisbaai - vandag aangeteken is. Die nuwe gevalle is 258 waarvan onder meer 62 in Windhoek, 46 in Oshakati, 20 in Katima Mulilo en 12 in Walvisbaai aangeteken is. Onder die nuwe gevalle is agt gesondheidswerkers en sewe gevangenes.
Nog 368 mense het herstel wat die totaal op 28 226 te staan bring. Dit sluit 173 in Erongo, 103 in Kavango-Oos, 33 in Otjozondjupa, 29 in //Kharas, 25 in Ohangwena en 5 in Kunene in.
Die aktiewe geval staan op 2 721 waarvan 257 in die hospitaal en 24 in intensiewesorgeenhede (ICU) is. In Khomas is 85 mense in die hospitaal en 19 in ICU, terwyl 60 mense in Zambezi in die hospitaal en een in ICU is.
Tot op hede is 245 975 weefselmonsters getoets, 6 112 kontakte word gemonitor en 1 940 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie