Covid-19: Soos sake staan, 8 Maart 2021
Covid-19: Soos sake staan, 8 Maart 2021

Covid-19: Soos sake staan, 8 Maart 2021

Dani Booysen
Ons grafika wys data soos dit gister vir die vorige 24 uur bekendgemaak is.
Namibië het nou meer as 300 000 individue vir die coronavirus getoets en die lyngrafiek links onder wys die aantal nuwe toetse per dag sedert 17 Junie 2020. Die syfer en grafiek sluit die 11 610 herhaaltoetse uit wat op sekere mense gedoen is.
Die daaglikse gemiddeld vir nuwe gevalle bly 165.
In totaal het Kavango-Oos nou al meer as 1 500 gevalle aangeteken en die Omahekestreek meer as 900, ná tientalle nuwe gevalle onder skoliere op Gobabis en Talismanus.
Saam met Omaheke staan die Ohangwena- en Kunenestreke nou digby 1 000 totale gevalle.
Die Eenhana-distrik het die 500-merk verbygesteek.
Gedurende die sewe dae tot Maandag het nog 48 gesondheidswerkers positief getoets. Verspeiding: //Kharas 8, Khomas 8, Omaheke 6, Oshana 6, Kavango-Oos 4, Otjozondjupa 4, Erongo 3, Oshikoto 3, Kavango-Wes 2, Ohangwena 2, Kunene 1, Omusati 1
Byna 70% (meer as 1 200) van die 1 810 gevalle onder gesondheidswerkers is sedert 1 Desember verlede jaar aangeteken.

Kommentaar

Republikein 2026-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer