Covid-19: Skole en selle lewer ‘n derde van gevalle
Nog 115 gevalle is vandag aangekondig – die laagste syfer sedert verlede Dinsdag.
Terselfdertyd is 482 bykomende gevalle vanaf die aktiewe lys gehaal. Van Namibië se 39 297 gevalle het byna 37 000 (94%) reeds herstel.
Van die oorblywende 1 875 gevalle is 161 gehospitaliseer en 19 ontvang intensiese sorg.
Vier nuwe sterftes is aan die Covid-19-virus toegeskryf. Drie hiervan is in Windhoek gerapporteer (onderskeidelik 45, 50 en 57 jaar oud) en een in die Lüderitz-distrik (22).
Uit die nuwe gevalle is 21 skoliere, 18 aangehoudenes in polisieselle (17 op Okongo) en 3 onderwysers. Gesamentlik verteenwoordig dit net meer as ‘n derde van al die gevalle.
Die hoogste voorkoms is aangeteken in die volgende distrikte: Windhoek 52 (meeste sedert verlede Woensdag), Okongo 20, Engela 7, Oshakati 5 en 4 elk op Eenhana, Lüderitz en Rundu. Walvisbaai, Omuthiya, Gobabis en Rehoboth het elk 3 gevalle gerapporteer.
Die staat se kwarantyngeriewe huisves nog 1 755 mense.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie