Covid-19 sink Aussie-kriekettoer
Krieket
Johann de Jager – Die Australiese krieketspan se toer in Maart na Suid-Afrika is weens Covid-19-vrese uitgestel.
Volgens ESPNcricinfo.com het Krieket Australië (CA) Krieket Suid-Afrika (KSA) ingelig dat hy weens die situasie in die gasheerland geen keuse het as om dit uit te stel nie.
Die Aussies sou drie toetse teen die Proteas gespeel het.
“Weens die situasie in Suid-Afrika, wat ’n tweede vlaag en ’n nuwe variant van die virus insluit, en ná uitgebreide gesprekke met mediese kundiges, het dit duidelik geword dat om tans na Suid-Afrika te reis ’n onaanvaarbare veiligheidsrisiko vir ons spelers en ondersteuningspersoneel sou inhou,” sê Nick Hockley, waarnemende uitvoerende hoof van CA.
Die eerste toets was vir 3 Maart beplan.
Netwerk24 kan onthul dat die eerste en derde toetse albei in Centurion gespeel sou word en dat die Wanderers tussenin gasheer vir die tweede een sou wees.
– Netwerk24
FOTO
David Warner, aanvangskolwer van Australië, en sy spanmaats sal nie meer in Maart na Suid-Afrika toer nie. Foto Getty Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie