Covid-19 op skip vermoed
Covid-19 op skip vermoed

Covid-19 op skip vermoed

Die betrokke passasiers was voorheen aan boord ’n vlug waar een persoon positief vir Covid-19 getoets het.
Erwin Leuschner
Erwin Leuschner – Ses reisigers wat aan boord die AIDAmira-passasierskip was, is tans in Kaapstad in kwarantyn.

Die skip het onlangs by Walvisbaai en Lüderitz se hawens aangedoen.

Dít volgens Suid-Afrikaanse media.

Die maatreël is voorkomend omdat die betrokke passasiers voorheen aan boord ’n vlug was waar een persoon positief vir Covid-19 getoets het.

“Die skip is nie onder kwarantyn nie, bloot in isolasie. Die Suid-Afrikaanse owerhede wag op die toetse se uitslae en sal dan besluit watter reëlings met ander passasiers getref moet word,” is berig.

Namibië se ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het Vrydag skriftelik bevestig al 1 629 passasiers aan boord se temperatuur is op 11 Maart by hul aankoms op Lüderitz gemeet.

“Niemand se temperatuur was meer as 38 grade Celsius nie. Omdat alle passasiers op Lüderitz getoets is, was dit nie nodig om hulle weer op Walvisbaai te toets nie.”

Namport wou nie kommentaar lewer nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer