Covid-19: Nuwe virus-variant in Suid-Afrika, Botswana
Covid-19: Nuwe virus-variant in Suid-Afrika, Botswana

Covid-19: Nuwe virus-variant in Suid-Afrika, Botswana

Ronelle Rademeyer
Wetenskaplikes het ‘n nuwe variant van SARS-CoV-2, die virus wat Covid-19 veroorsaak, geïdentifiseer.
Dit is ‘n mutasie van die B.1.1-variant en staan as B.1.1.529 bekend, berig The Guardian.
Die variant is die eerste keer in Botswana geïdentifiseer, waarna ses gevalle in Suid-Afrika aangemeld is en een in Hongkong by ‘n inwoner wat uit Suid-Afrika teruggekeer het.
Dr Tom Peacock, 'n viroloog by die Imperial College in Londen, het besonderhede van die nuwe variant op 'n genoom-webblad gedeel en sê die "ongelooflike hoë aantal stekelmutasies daarop is ‘n aanduiding dat dit werklik kommerwekkend kan wees".
Slegs 10 gevalle is in hierdie drie lande deur genomiese volgordebepaling bevestig, maar die variant het ernstige kommer onder sommige navorsers ontlok omdat die hoë hoeveelheid mutasies kan meebring dat die virus meer bestand is teen immuniteit.

Kommentaar

Republikein 2025-12-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer