Covid-19: Nuwe gevalle opnuut minder
Net 97 nuwe gevalle van Covid-19 is vandag deur gesondheidsowerhede bevestig.
Dit verteenwoordig 8% van die 1 276 toetsmonsters wat Saterdag verwerk is.
Namibië het hiermee tot net een geval kort van 49 000 positiewe toetse sedert Maart verlede jaar geklim.
Die meeste nuwe gevalle per distrik is 15 op Otjiwarongo, 14 op Rundu, 12 op Grootfontein en 10 op Rehoboth. In Windhoek is net nege nuwe gevalle aangeteken.
Elf van die nuwe gevalle – net meer as een uit elke tien – is gesondheidswerkers. Die afgelope week het 42 gesondheidswerkers reeds positief getoets, met vandag se toetsuitslae wat eers môre bekend gemaak word. ‘n Totaal van 2 106 gesondheidswerkers het al Covid-19 opgedoen.
Nog drie sterftes word aan die virus toegeskryf; dié van ‘n 71-jarige man van Windhoek, ‘n vrou van Windhoek in dieselfde ouderdom (beide het aan ander siektes gely) en ‘n 50-jarige vrou van Omuthiya. Sy het nie ander siektes onder lede gehad nie.
Die sterftesyfer skuif hiermee op na 652 (1,3% van positiewe gevalle).
Net 263 eerste dosisse, almal toegedien in die Erongo-streek, is tot die nasionale inentingstotaal bygevoeg, wat nou op 24 957 staan. In die Erongo-streek het nog 15 mense ook hul tweede dosis entstof ontvang. ‘n Totaal van 1 654 tweede dosisse is dusver in Namibië toegedien.
Nog 78 mense word as herstel beskou. Die herstelkoers staan nou op 94,9%.
Saterdag was 1 479 persone in amptelike kwarantyngeriewe gehuisves. Gister is 136 mense ontslaan uit die geriewe en 175 nuwelinge opgeneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie