Covid-19: Meer as 4 000 weefselmonsters getoets
Covid-19: Meer as 4 000 weefselmonsters getoets

Covid-19: Meer as 4 000 weefselmonsters getoets

Henriette Lamprecht
Tot op hede is 4 005 weefselmonsters deur die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP) en Pathcare vir Covid-19 getoets. Volgens die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) me. Esther Muinjangue is geen nuwe gevalle van Covid-19 in die land aangemeld nie en is die totaal bevestigde gevalle steeds 25. Hiervan het 16 ten volle herstel. Tans word 409 kontakte gemonitor en is 596 mense in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2026-08-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer