Covid-19: Land blý in fase 3
Pres. Hage Geingob het vanmiddag by Staatshuis aangekondig Namibië bly vir ’n verdere twee weke in fase 3 van die noodtoestandregulasies om die Covid-19-pandemie te probeer hokslaan.
Dié nuwe bedeling tree Sondagoggend in werking en sal op 12 September ten einde loop.
Geingob het voorts gesê Walvisbaai, Swakopmund en Arandis word nie meer as beperkte areas beskou nie.
Gevolglik mag mense van Sondag dié areas verlaat en besoek.
Windhoek en die plaaslike owerhede van Rehoboth en Okahandja word steeds as beperkte areas beskou.
Dit beteken dié plekke mag net onder beperkte omstandighede binnegekom of verlaat word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie