Covid-19: Jongste in beeld
Namibië se daaglikse gemiddeld van nuwe gevalle van Covid-19 het met vandag se aankondiging effens van 184 tot 189 toegeneem, maar teenoor sewe voor dit sak die syfer steeds.
Windhoek het sedert die begin van die pandemie 165 sterftes verwant aan die virus gerapporteer. Dit verteenwoordig 38% van alle Covid-19-verwante sterftes.
Die Lüderitz-distrik het nou meer as 1 200 gevalle aangeteken sedert Maart 2020. Dit is die distrik met die vyfde meeste gevalle in die land.
Okongo het die 100-merk verbygesteek met 20 nuwe gevalle, waarvan 17 aangehoudenes in die selle op die dorp is.
Die Oshikoto-streek se herstelkoers het van 77% tot 96% gespring met die aankondiging vandag dat 425 gevalle in die streek van die aktiewe lys verwyder is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie