Covid-19: Jongste in beeld
Die daaglikse gemiddeld vir nuwe gevalle van Covid-19 in Namibië was gister vir 'n tweede dag stabiel op 184.
Hierdie syfer is besig om af te neem en is al vir vier dae minder as 200.
Van die 1 760 gesondheidswerkers wat dusver positief getoets het, is 77% in diens van die staat.
Uit die byna 290 000 individue wat sedert Maart 2020 getoets is, het meer as 'n kwart miljoen (250 000) nie die virus onder lede gehad nie. Meer as 11 500 herhaaltoetse is gedoen, wat nie by die groottotaal ingesluit is nie.
Die Omusati-streek het die kerf verbygesteek vir meer as 1 000 gevalle sedert die begin van die pandemie.
Eenhana het nou meer as 400 gevalle.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie