Covid-19: Jongste in beeld, 13 April 2021
Covid-19: Jongste in beeld, 13 April 2021

Covid-19: Jongste in beeld, 13 April 2021

Dani Booysen
Namibië teken nou gemiddeld 134 gevalle van Covid-19 per dag aan.
Die syfer is net-net minder as ‘n week gelede se 137, wat beteken die groen pyl op ons kaart kan binnekort in ‘n rooi, opwaartse tendens verander.
Ons daaglikse grafika toon al die jongste, beskikbare inligting – en vir die eerste keer veranderinge in die aantal aktiewe gevalle sedert die begin van die eerste golf van die pandemie in Junie verlede jaar.
Die getal, tans 1 368, was selfs tydens die kruin van die tweede golf sowat 1 000 laer as tydens die eerste golf se piek.
Byna 2 000 gesondheidswerkers het al die virus opgedoen.
Die Rehoboth-distrik het vandag die 1 400-kerf verbygesteek wat totale gevalle betref en die Karasburg-distrik het nou meer as 600 gevalle op rekord.

Kommentaar

Republikein 2026-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer