Covid-19-isolasiefasiliteite met u2019n verskil
Covid-19-isolasiefasiliteite met u2019n verskil

Covid-19-isolasiefasiliteite met ’n verskil

Ben Nangombe, ministerie van gesondheid: “Enige vergelyking tussen die twee eenhede is nie verdedigbaar nie. . .”
Leandrea Louw
Leandrea Louw op Walvisbaai – Sosiale media het die naweek gegons nadat gemeenskapslede die kostes van ’n 40-bed-isolasiefasiliteit (N$1,9 miljoen) wat deur die Welwitschia-hospitaal opgerig is, vergelyk het met ’n 24-bed-fasiliteit (N$12 miljoen) wat deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) op Walvisbaai opgerig is.

Die uitvoerende direkteur van MoHSS, mnr. Ben Nangombe, het in ’n mediaverklaring gesê die twee fasiliteite kan nie vergelyk word nie.

“’n Vlugtige blik op die twee fasiliteite dui aan die tegnologie wat gebruik word in die ‘konstruksie’ van die een fasiliteit en die ‘oprigting’ van die ander, is nie vergelykbaar nie. Terwyl die een ’n duursame struktuur met ’n minimum lewensduur van ’n generasie is, is die ander een ’n tent. Enige vergelyking tussen die twee is eenvoudig nie verdedigbaar nie.”

Hy het benadruk een van die fokusareas van die ministerie se reaksie op Covid-19 is die voorsiening van isolasiegeriewe, volledig toegerus om voorsiening te maak vir intensiewe en hoë sorg Covid-19-pasiënte.

“Vanweë die noodsaaklikheid van vinnige optrede, het die ministerie besluit om die beproefde tegnologie van chromadeck-panele te gebruik wat duursaam en tog veelsydig is. Soortgelyke strukture is opgerig om as isolasiefasiliteite te dien ter voorbereiding van aanmeldbare aansteeklike siektes soos Krim-Kongo-hemorragiese koors, miltsiekte en Ebola. Dieselfde tegnologie is gebruik vir die konstruksie van fasiliteite vir gemeenskapsgebaseerde ART in verskillende dele van die land.”

Hy het bygevoeg die fasiliteite is nie uitsluitlik vir die Covid-19-pandemie nie.

“Dit is ’n langtermynbelegging in infrastruktuur vir MoHSS om oordraagbare siektes te bestuur wat van tyd tot tyd voorkom. Volgens enige objektiewe maatstaf is die hulpbronne goed benut,” het hy gesê.

Tegnologie

Nangombe het gesê die ontwerpkonsep van die twee voorafvervaardigde isolasie-eenhede wat deur die ministerie gebou is, is 'n duursame onderhoudsvrye tegnologie wat in verskillende klinieke in Namibië gebruik word.

Die ontwerp is deur ’n argitek van die ministerie ontwikkel.

“Die prototipe-eenhede het die volgende: 'n Skoon, infeksievrye ontvangsarea en rusarea vir personeel wat aan diens is, lugversorging met 'n unisex-toilet, 'n winkel vir mediese en ander benodigdhede, aparte kamers om persoonlike beskermende toerusting (PPE’s) aan te trek en 'n noodstort en toilet.”

Die afgesonderde isolasiekamers het mediese wasbakke, suurstoftoevoer, 'n meganiese ventilasiestelsel met negatiewe druk vir die voorkoming van infeksie, 'n badkamer met 'n stort (warm en koue water) en 'n wasbak met spieëls en ’n toilet, en 'n geteëlde vloer.

Die isolasiekamers en die gangvloere is met hospitaalgraad vinielvloerbedekking afgerond. Die gange het vars lug toevoer en ’n positiewe lugdruk wat gesondheidswerkers van moontlike infeksie beskerm.

Struktuur

Nangombe het gesê die struktuur is op ’n versterkte betonfondasie gebou.

“Die struktuur is weer- en onderhoudsbestand, met aluminiumdeure en -vensters, plaveisel, ’n meganiese ventilasiestelsel wat vars lug verskaf en terselfdertyd positiewe en negatiewe druk lewer waar nodig. Ons het mediese suurstofgas geïnstalleer met outomatiese omskakeling en alarm. Brandbeskermingspype en brandblussers is ook deel van die gebou.”

Die ontwerp en implementering het sowat 25 dae gevat, dit sluit al die voorbereidingswerk, elektriese werk sowel as die meganiese ventilasie en mediese gasinstallasie in.

“Die gebou het ’n minimum leeftyd van 20 jaar. Die materiële samestelling van die hele struktuur verval nie.”

40-bed-fasiliteit

Die Welwitschia-hospitaal het gesê hulle 40-bed-isolasiefasiliteit is tydelik en is oop vir privaat, asook staatspasiënte.

Aangesien die fasiliteit net tydelik is, word sommige toerusting binne die fasiliteit gehuur.

“Die fasiliteit sal gebruik word solank as wat daar Covid-19 is. Die gemeenskap van Walvisbaai het opgetree toe hulle hulp benodig is. Dit is regtig ’n gemeenskapsprojek,” het me. Estelle Ackerman, die hospitaal se menslike hulpbronnebestuur gesê.

Die fasiliteit is in ’n tent en bestaan uit ’n administrasieblok, aantrekstasie van PPE’s vir die personeel aan diens en ’n verpleërstasie in die middel van die fasiliteit. Daar is ook ’n klein ruimte waar pasiënte hulle bene kan strek. ’n Bykomende 16 personeellede is die afgelope ses maande gewerf om op ’n kontakbasis in die fasiliteit uit te help. [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.44 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 361.19/OZ UP +0.62% | Copper US$ 4.59/lb UP +0.66% | Zinc US$ 2 929.10/T UP 0.35% | Brent Crude Oil US$ 84.13/BBP DOWN -0.0063 | Platinum US$ 989.75/OZ UP +0.45% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.44 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 361.19/OZ UP +0.62% | Copper US$ 4.59/lb UP +0.66% | Zinc US$ 2 929.10/T UP 0.35% | Brent Crude Oil US$ 84.13/BBP DOWN -0.0063 | Platinum US$ 989.75/OZ UP +0.45%