Covid-19: In beeld, 15 April 2021
Namibië teken nou gemiddeld 162 nuwe gevalle van Covid-19 per dag aan.
Die huidige opwaartse kurwe duur dus voort.
In die wisselgrafiek op vandag se kaart wys ons veranderinge in die persentasie van nuwe toetse wat positief was sedert die virus op 17 Junie verlede jaar werklik op eie bodem begin versprei het.
Die aantal gesondheidswerkers wat al die siekte opgedoen het, staan nou op presies 2 000 volgens beskikbare inligting.
Met byna 3 000 gevalle is Otjozondjupa die streek met die derde meeste gevalle in die land en die sterftesyfer in die streek is ook die hoogste op 1,86% van positiewe gevalle. Gedurende die laaste maand het die gevalle in Otjozondjupa met sowat ‘n derde toegeneem.
Die //Kharasstreek het nou 40 sterftes aangemeld en het die vierde meeste gevalle op rekord; ‘n skrale tien voor die Oshana-streek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie