Covid-19: In beeld, 14 April 2021
Covid-19: In beeld, 14 April 2021

Covid-19: In beeld, 14 April 2021

Dani Booysen
Die opwaartse trajek in nuwe voorvalle van Covid-19 in Namibië duur voort hoewel net 102 nuwe gevalle gister bekendgemaak is.
Tydens die afgelope sewedaesiklus is opnuut meer as 1 000 gevalle aangeteken, wat die daaglikse gemiddeld na 145 opstoot teenoor die sewe dae voor dit se 129 gevalle per dag. ‘n Week gelede was Paasnaweek – toe veel minder toetse per dag gedoen is – egter pas agter die blad.
Namibië het nou meer as 350 000 mense getoets; ‘n getal wat sowat 14% van die bevolking verteenwoordig.
Meer as 84 000 kontakte is sedert die begin van die pandemie nagespoor vir opvolgtoetse.
Een van die nuwe sterftes wat gistermiddag bevestig is, het reeds in die oggendure van 14 April plaasgevind. Ander data is sover bekend vir die vorige dag.
Maart se Covid-19- en verwante sterftes het met nog twee tot 110 gestyg en sterftes in April staan nou op 48; gemiddeld 3,4 per dag.
Opsomming van vandeesmaand se sterftes:
Uit die totaal het 38 persone (79%) ook ander siektes onder lede gehad.
Op Vrydag 9 April het sewe mense gesterf en op Sondag 11 April nog ses.
Van die 48 persone was die helfte (24) 60 jaar of ouer en 14 (29%) in hul vyftigerjare.

Kommentaar

Republikein 2025-12-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer