Covid-19-gevalle styg tot 67
Drie van die vier nuwe gevalle is kontakte van ’n 26-jarige man van Kuisebmond in Walvisbaai.
Henriette Lamprecht – Namibië se aantal bevestigde Covid-19-gevalle het tot 67 gestyg. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula is geval 64 ’n 71-jarige Suid-Afrikaanse vragmotorbestuurder wat op 17 Junie via Noordoewer Namibië binnegekom het.
Hy het op 19 in Oshikango aangekom waar hy vrag afgelaai en die Engela-distrikshospitaal gebel het om te sê hy voel lighoofdig en het diarree en ’n seer keel. Hy is per ambulans na die hospitaal geneem waar hy in isolasie is.
Geval 65 is ’n 65-jarige Namibiese man en ’n kontak van geval 35, ’n 26-jarige man van die woonbuurt. Geval 66 is ’n 50-jarige Namibiese vrou van Kuisebmond en ’n kontak van geval 35, terwyl geval 67 ’n 51-jarige vrou van Kuisebmond is wat geen kontak met ’n bevestigde geval gehad het nie.
Uit die 67 gevalle het 21 ten volle herstel en is 46 aktief. Tot op hede is 7 483 weefselmonsters getoets, waarvan 152 Maandag uitgevoer is. Tans is 720 mense in kwarantyn in geriewe oraloor in die land en word 318 kontakte gemonitor.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie