Covid-19-gevalle styg met 52
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê die aantal bevestigde Covid-19-gevalle het met 52 tot 257 gestyg. Uit vanoggend se 52 gevalle is 51 in Walvisbaai en een in kwarantyngeriewe in die Kharasstreek. Volgens Shangula is 34 van die nuwe gevalle manlik en 18 vroulik. Die jongste geval is een jaar oud en die oudste 59 jaar oud. Een geval is 'n Poolse burger terwyl die res Namibiërs is. Tot op hede is 9 551 weefselmonsters getoets.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie