Covid-19-gevalle steek 1 000 verby
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula het 72 nuwe gevalle van Covid-19 in die land aangekondig. Die totaal staan nou op 1 032. Uit die 72 nuwe gevalle is een in Windhoek, een in Katima Mulilo, twee in Swakopmund en 68 in Walvisbaai aangeteken.
Die geval in Windhoek is in 'n plaaslike hospitaal opgeneem. Die geval in Katima Mulilo het vanaf Walvisbaai gereis.
Uit die 72 gevalle is 39 mans en 33 vroue. Die jongste is nege maande oud en die oudste 62 jaar oud. Tot op hede is 16 305 weefselmonsters getoets en is 653 mense tans in kwarantyn in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie