Covid-19-gevalle skiet met 127 op tot 1 203
Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Esther Muinjangue sê die aantal Covid-19-positiewe gevalle in die land het met 127 tot 1 203 gestyg. Volgens Muinjangue is twee Suid-Afrikaanse vragmotorbestuurders en die res Namibiërs. Een is 'n pasiënt in 'n plaaslike hospitaal in Windhoek, twee op Swakopmund, twee Suid-Afrikaanse vragmotorbestuurders op Keetmanshoop waarvan een vrag op Rossing, Arandis afgelaai en terug in Suid-Afrika is en die ander vragmotorbestuurder nog opgespoor moet word, 'n gesondheidswerker by 'n plaaslike gesondheidsinstelling op Luderitz en 'n Namibiese vragmotorbestuurder in Engela wat tans in Windhoek in kwarantyn is. Die res is van Walvisbaai.
Uit die 127 nuwe gevalle is 42 vroue en 87 mans. Die jongste is nege maande oud en die oudste 56 jaar oud. Een van die gevalle wat gister vir Walvisbaai aangekondig is, is volgens Muinjangue eintlik van Luderitz. Hy is 'n 46-jarige man wat in 'n plaaslike winkel werk en geen kontak met 'n bevestigde geval gehad het nie en ook geen reisgeskiedenis het nie.
Tot op hede is 17 041 weefselmonsters getoets en is 609 mense tans in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie