Covid-19-gevalle neem af, 129 nuwe gevalle vandag
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê uit 1 404 weefselmonsters wat getoets is, het 129 positief vir Covid-19 getoets. Hiervan is 67 vroue en 62 mans. Die jongste is twee maande oud en die oudste 73 jaar oud. Uit die 129 nuwe gevalle was 67 in Windhoek, 15 in Mariental, 12 in Rehoboth, vyf in Walvisbaai, twee elk in onderskeidelik Swakopmund en Omaruru, ses in Okahandja, een elk in onderskeidelik Grootfontein en Otjiwarongo, ses in Oshakati, twee elk in onderskeidelik Tsumeb en Omuthiya, drie in Keetmanshoop, een in Lüderitz en twee elk in onderskeidelik Gobabis en Katima Mulilo.
Namibië het nou na ses maande die 10 000-merk verbygesteek in die totale getal bevestigde gevalle wat aangeteken is en wat nou op 10 207 staan. Shangula het verwys na 23 Augustus tot die hoogste getal daaglikse gevalle en wel 316 aangeteken is, met gevalle wat daagliks in al 14 streke afneem. In Khomas was die hoogste getal daaglikse gevalle (254) op 23 Augustus aangeteken, teenoor die 67 van vandag. In Erongo was die hoogste getal daaglikse gevalle (102) op 7 Augustus teenoor vandag se nege. In //Kharas was dit 36 op 11 September teenoor die vier van vandag. In Hardap was dit 27 gevalle op 18 September teenoor vandag se 27 van vandag.
Volgens Shangula het nog 262 mense herstel wat die totaal nou op 7 947 te staan bring. Dit sluit 87 in Oshana, 65 in Erongo, 58 in Khomas, 32 in Hardap, 19 in Ohangwena en een in Omusati insluit.
Die aktiewe gevalle staan nou op 2 152 waarvan 14 baie ernstig of kritiek is. Dit sluit vier kritieke gevalle in Erongo, twee baie ernstige en ses kritieke gevalle in Khomas en twee baie ernstige gevalle in Oshana in.
Die sterftesyfer bly op 108, aktiewe kontakte wat gemonitor word, is 9 834, 86 092 weefselmonsters is tot op hede getoets en 881 mense is huidig in kwarantyngeriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie