Covid-19: Gevalle in 5 Afrikalande
Die bevestigde gevalle het bande met China, Italië en Frankryk.
Henriette Lamprecht – Drie lande in die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se Afrikastreek – Algerië, Nigerië en Senegal – het vandeesweek gevalle van die coronovirus (covid-19) bevestig. Dit bring die totaal van Afrikalande met bevestigde gevalle op vyf te staan.
Die eerste geval in Afrika is in Egipte aangeteken en die jongste geval in Morokko. Al die gevalle is “ingevoer” en geen plaaslike oordrag is vasgestel nie.
Die WHO maan in sy weeklikse bulletin oor uitbrekings en gesondheidsnoodgevalle covid-19 hou ’n reusebedreiging vir Afrika met sy wankelrige gesondheidstelsels in.
Volgens die organisasie kan dit ’n ernstige impak op openbare gesondheid hê, maatskaplike ontwrigting veroorsaak en tot ekonomiese verliese lei.
Die bulletin maan in die geval waar covid-19 die streek ingebring word, moet “aggressiewe beheermaatreëls” geïmplementeer word om die verdere verspreiding van die siekte te keer en plaaslike infektering te voorkom. Regerings moet ook deurlopende planne vir sake ontwikkel sodat noodsaaklike dienste in die ergste scenario steeds gehandhaaf kan word.
Die bevestigde covid-19-gevalle in Afrika het voorgekom onder reisigers of mense met bande of blootstelling aan China, Frankryk of Italië.
Volgens die WHO is dit tipies van die wêreldrisiko van die verspreiding van die siekte en die behoefte vir lande om dringende stappe te doen om moontlike covid-19-gevalle te beheer.
Die organisasie doen ’n beroep op regerings in Afrika om “dringend” hul kapasiteit vir voorbereiding op en gereedheid vir die virus op te skerp om die gevolge van covid-19 op die vasteland te verminder.
“Nasionale owerhede en vennote in die Afrikastreek moet dringend hul voorbereiding en gereedheid opskerp om vinnig enige ingevoerde gevalle op te spoor en plaaslike oordrag te voorkom,” lui die bulletin.
Regerings moet ook hul plaaslike hulpbronne hieraan toewy.
Die WHO maan ook oor veelvuldige openbare gesondheidsnoodgevalle wat tans oraloor in die wêreld en ook in Afrika almal om dieselfde hulpbronne meeding.
Die organisasie verwys na die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) en omliggende lande wat reeds ’n tekort aan finansiering vir voorbereiding en optrede het. Hy doen ook ’n beroep op skenkergemeenskappe en ontwikkelingsvennote om nie hul vereiste insette in veral finansiering te staak nie.
Die covid-19-geval in Algerië is ’n 61-jarige Italianer wat op 17 Februarie uit Milaan, Italië, in die stad Hassi Messaoud aangekom het. Hy is met verkouesimptome ’n paar dae later in ’n isolasie-eenheid opgeneem waar bevestig is hy het covid-19 onder lede. Hy is later na Italië vir verdere kliniese sorg teruggevlieg. Op 2 Maart is nog twee gevalle bevestig: ’n 53-jarige vrou en haar 24-jarige dogter wat blootgestel was aan ’n 83-jarige Franse man en sy dogter wat vir ’n week in Algerië gebly het.
Laasgenoemde het met hul terugkeer na Frankryk positief vir covid-19 getoets. In Lagos, Nigerië, is die bevestigde geval ’n 44-jarige Italiaanse manlike ingenieur wat uit Italië vir ’n korttermyn- werksgeleentheid in die land was. Hy word in isolasie gehou en sy toestand is stabiel. In Senegal is ’n 33-jarige Franse burgelike wat die afgelope twee jaar in Senegal woon, positief vir die siekte getoets ná hy Frankryk besoek het.
Die WHO maan die omvattende opsporing van almal wat met bevestigde gevalle in kontak was, is noodsaaklik om verdere oordrag van die siekte en verspreiding na buurlande te voorkom.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie