Covid-19: Gemiddelde laagste in net meer as 'n maand
Covid-19: Gemiddelde laagste in net meer as 'n maand

Covid-19: Gemiddelde laagste in net meer as 'n maand

Dani Booysen
Vandag is 138 nuwe gevalle van Covid-19 aangekondig. Ons kaart wys in watter distrikte die gevalle aangeteken is.
Namibië se daaglikse gemiddeld vir nuwe gevalle staan nou op 150 - die laagste sedert 13 Februarie.
Die feit dat minder toetse die eerste twee dae van vandeesweek verwerk is, kan egter veroorsaak dat die gemiddeld in komende dae eerder kan styg as aanhou daal. Woensdag was toetsing weer op peil met laboratoriums se gesamentlike gemiddeld.
Totale gevalle in die Windhoek-distrik, oftewel Khomasstreek, het die 15 800-merk verbygesteek, terwyl die distrik van Walvisbaai kumulatief nou meer as 4 800 gevalle opgeteken het.
Die Grootfontein-distrik het die 400-merk verbygesteek, wat die Otjozondjupa-streek in totaal ook verby 2 300 gevalle gestoot het.
Kavango-Oos het meer as 1 600 gevalle op rekord en die Kunenestreek huiwer op 999 een syfer voor die 1 000-kerf.

Kommentaar

Republikein 2026-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer