Covid-19: Erongo bly toe, skole weer gesluit, sekere toeriste mag kom kuier
Ondanks hoop tot die teendeel is inhokmaatreëls in Erongo en die spesiale bedeling vir Walvisbaai, Swakopmund en Arandis vandag met vier weke tot 31 Augustus verleng.
“Hierdie siekte is ernstig . . . Ons is op ‘n kritieke stadium van ons stryd,” het pres. Hage Geingob vanmiddag tydens die aankondiging gesê.
Die res van die land bly ondanks stygende voorvalle, vernaam in Windhoek, in fase 4.
Alle kinders in kleuterskole, laerskole en hoërskoolleerlinge tot en met graad 9 moet opnuut tuisbly. Net graad 10- tot -12 leerlinge mag klasse by hul skole bywoon.
Die bedeling sal vir 28 dae geld.
Buitelandse toeriste sal vanaf volgende week in die land toegelaat word, onder streng voorwaardes – sien opsomming onder.
IN KORT
• Byeenkomste buite die kordon in Erongo: net 100 mense i.p.v. 250
• Geen toeskouers by sportbyeenkomste
• Sport word ontmoedig
• Geen nie-noodsaaklike reise
• Alkohol steeds net te koop op wegneembasis
• By hotelle en restaurante: bestaande regulasies geld
• Fase 4 met veranderinge vir res van die land is van krag tot 17 September
• Tersiêre onderrig: aanlyn “indien moontlik”
• Tegniese en beroepsopleiding: volgens bestaande regulasies
TOERISME
• Buitelanders moet negatief toets 72 uur vooraf
• Geingob: “geen verpligte kwarantyn”
• Moet 7 dae by eerste bestemming bly
• Indien die toets negatief is, kan die persoon sy/haar reis voortsit
• Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sal “kwarantyngeriewe” vir buitelandse toeriste aan sekere standaarde moet voldoen (die regulasies sal nog verskyn).
• Toeriste van hoërisikolande sal nie toegelaat word nie en die graderings sal aangepas word.
• Van goedgekeurde lande sal verwag word om ook Namibiese besoekers in hul lande toe te laat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie