Covid-19-entstowwe einde Januarie moontlik hier
Die minister van gesondheid en maatslike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê die eerste kleinskaalse besending Covid-19-entstowwe van Pfizer kan reeds einde Januarie of moontlik iewers in Februarie in die land aankom. Volgens Shangula is 'n dekkingskoers van tot 80% nodig om kudde-immuniteit te verseker.
Shangula sê Namibië is ook in gesprek met Rusland, China, Indië en ander lande wat vooruitgang toon in vervaardiging van Covid-19-entstowwe vir moontlike bilaterale ooreenkomste en of skenkings. Namibië het reeds N$29 miljoen aan Covax betaal om Covid-19-entstowwe te bekom om 20% van die bevolking (508 200 persone) te immuniseer. 'n Finansiële ooreenkoms is ook in November verlede jaar onderteken vir die oorblywende US$9 miljoen wat nog uitstaande is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie